
Snaaks hoe idees net ontwikkel en vorm aanneem as mens om ‘n vuur sit! Dit wil my amper voorkom dat, as daar nie ʼn idee onwikkel tydens ʼn braai nie, dan word daar of met gas gebraai (#SiesMan) of jy is in ʼn groep wat net oor werk gesels (eina).
So word ʼn paar koues om ʼn vuur genuttig een Saterdagmiddag saam met Simon & Roland. Beide van die manne skroom nie om op Nommer 99 te ontsnap van die beton oerwoud nie, dus is hierdie manne my dam se ganse!
Ons het al voorheen saam met hulle die vlaktes in geskiet en dit was ʼn belewenis op sy eie gewees. Lees gerus meer daaroor hier.
Die digitale kanale, bv. Instagram, Youtube en Facebook, het soveel nadele en ek is die eerste een wat jou ʼn helse lys kan gee, maar die grootste voordeel is dat dit jou toelaat om te “connect” met mense wat, in hierdie geval, dieselfde passie(s) en belangstellings het. ʼn Paar van ons is op ʼn WhatsApp groep en die platform is daar om oor alles rakende 4×4 toerusting, kamp, Afrika toere, nasionale parke en die lys gaan aan te deel. Terselfdetyd dokumenteer hierdie manne ook die meeste van hul reise en elkeen gebruik ʼn kombinasie van die verskillende digitale platforms om hul stories te vertel.
Synde dat die groep groter geraak het na ons laaste wegbreek, het Roland voorgestel dat dit tyd is vir ons klomp manne om ons voertuie in ʼn konvooi kry.
Ons konvooi het soos volg gelyk:
- Hendri Mouton – YouTube | Instagram
- Rolbos Overland – YouTube | Instagram
- My Life in Africa – YouTube | Instagram
- Juba’s Journey – YouTube | Instagram
- Roam Overlanding – YouTube | Instagram
- Leslie Edgar – YouTube | Instagram
- Dieter Pey Media – YouTube | Instagram
- Anton Trollip – Instagram
Omdat Jean en Lian die enigste jonger manne in die groep sou wees, het Jean ʼn maat (Ettienne) saamgesleep en hierdie tipe wegbreek naweek sou ʼn eerste vir hom wees.
Soos al hierdie tipe wegbreek naweke was die beplanning maar minimaal gehou en was daar net ʼn basiese raamwerk: Vrydagaand sou ons langs die see kamp by Trekoskraal en dan sou ons bietjie boskamp op ʼn wildsplaas (Onder Water Boerskraal) naby Hopefield.
Nou, om die naweek ten volle te waardeer, kry gerus ʼn koue bier, sit jou g@t op jou gunsteling stoel, kry YouTube op jou Smart TV en geniet hierdie twee episodes van Dieter (Dieter Pey Media) en Roland (My Life in Africa).
Kliek ook hier vir paar foto’s van hierdie avontuur.
Why do you guys camp in the car and not pitch a tent on the ground…
We don’t camp in the car mate – we camp ONTOP of them haha