
As daar al ooit ‘n wegbreek naweek was, waar ek die Vrydag begin wonder het of ons nog moet voort gaan, dan was dit die naweek gewees…
Donderdag laatmiddag, toe daar gepak word, het die wêreld bo ons begin toetrek met donker, swaar, reën wolke. Die weer het gehou, maar toe ons Vrydagmiddag in die pad val en anderkant Du Toitskloof tonnel uitdop, toe val die water sulke emmersvol uit die hemel.
Die seuns het maar met groot oë na buite geloer en so af en toe gevra wat ons gaan doen as dit so reën waar ons gaan kamp, waarop ek maar ʼn bewerige antwoord gegee het. Om eerlik te wees was daar maar self twyfel.
Ek het die naweek net weer besef, en dit is iets wat ek graag by my seuns wil sement, is dat as omstandighede verander (bv. as die weer skielik super sleg raak) op die laaste minuut, dan moet jy die situasie kan opsom, aanpas en aanbeweeg. Dit is ʼn taai ene want mens kan maklik die gevolgtrekking maak dat: ‘Ag, die weer is nou sleg so kom ons kanselleer liewers en gaan volgende keer…’, maar as jy jouself omring met “like-minded” families of vriende wat sulke uitdagings as ʼn avontuur sien, dan kan selfs ongemaklike weer nie ʼn wonderlike wegbreek naweek in die wiele ry nie.
Maar genoeg gelees nou – gaan loer gerus na die YouTube video van die naweek hieronder en kliek hier vir paar foto’s!
As jy hou van stilte en die natuur, dan kan jy gerus Middelberg Gasteplaas besoek. Sal definitief weer gaan kuier.
Baie baie dankie! Geniet jou blog baie! Kom kuier gou weer by Middelberg – ons reël vir julle lekker warm somerweer volgende keer! Mooiloop! Carin @ Middelberg 🌞
Baie dankie Carin. Sal definitief weer kom kuier – groete uit die Boland