Saterdagoggend en ek word weereens wakker met daai simpel “hoekom” vrae. Het ek regtig gedink ek gaan Vlakvarkgat tem gisteraand? Hoeveel keer moet ek my kop stamp voor ek gaan leer? Die skade is klaar gedoen en nou moet ek nog ‘n groot dag in die oë staar. Die keer is dit die Battle of the Bands in Saldanha. Dit gaan eina wees, dink ek. Net so voor 14h00 die middag sleep Tigger Saldanha in. Na ‘n vinnige stop vir Parmalat se maag het ons (Ron, Parmalat, Jan, Elizca & Issie)…
Junie / Julie is bekend vir die koudste maande in ons land met sneeu wat die berg pieke bedek, ALLE winters klere wat getoets word en natuurlik daardie oggende wat mens net nie uit die bed wil kom nie. Dus is dit die idieale tyd vir ‘n fees met die naam – “Christmas in Winter Festival” wat in Tulbagh (<a href="http://www.tulbagh.com" target=’_blank’ class=’commentLink’>www.tulbagh.com</a>) geskiet. Saterdagoggend skiet ‘n vraggie van ons (Elizca, Liz, Parmalat, Eugene, Ron, Vicky en ek) die 1 ½ uur lange pad Tulbagh toe. Met ekstra warm goed en…
Die Robertson distrik is nie net bekend vir sy voggies en kelders nie, maar ook vir sy natuurlike skoonheid. Een van hierdie natuurlike wonderwerke is die staproete oor Arangies Kop net anderkant Robertson. Toe ek hoor dat hierdie Arangies Kop die klein Everest van Suid Afrika genoem word het ek gedog hulle maak ‘n grappie, maar Vrydagaand toe ek aan die voet van hierdie koppie staan toe besef ek hierdie gaan nie n klein uitstappie wees nie, maar n ernstige stap. Jy moet verstaan dat as ‘n mens op 400m bo…
Dit is Vrydagaand en Tigger is al weer op die langpad. Dié keer is dit Porterville toe, waar 5 van ons, Vicky, Ron (Ruan), Parmalat (Paul), Eugene & ek, die hike na die watergat, Die Hel, gaan aanpak. Die Hel is so rukkie gelede deur die tydskrif WEG aangewys as die beste swempoel in Suid-Afrika. Hoe de hel kan ‘n Willeklong dan nou so ‘n gat water mis. By Porterville aangekom, besluit ons om net gou een knertsie te gaan maak by die Hotel voor ons Beaverslack toe skiet. Met verlede…
Ok, gaan kry gou vir jou koffie of ‘n bier en kom sit rustig voor jou PC want die artikel kan ek wraggies nie kort doen nie. Daar het net te veel gebeur en dit is graag memories wat ek met ieder en elk wil deel. Hoekom? Ag vrek ek weet self nie, lees net die damn artikel en moet nie aan die slaap raak nie. Soos ons al vir baie mense gesê het is Willeklong nie net vir feeste en lekker parties en geleenthede jaag nie. Nee hel, dit is…
Iemand vra my nou die dag of ek al ‘n k*k “write-up” oor ‘n fees geskryf het. “Het nog nooit die geleentheid gehad nie” het ek reply, want al is daar soms nie baie om te doen nie is dit wat jy daarvan maak. Jy kan na die beste event in die land gaan, maar as jy ‘n blabla crew saam met jou sleep dan gaan jy soos ‘n flou vlaggie rond wapper. Die naweek het ek weereens besef hoe dit voel as jy die groot calibers uit die kas haal….
Dit is Vrydagaand en my g*t juk woes om die langpad Clanwilliam toe te vat, maar ons moet eers wag vir die koper van my sjorra. Ja mensies daai meisie is nie meer met ons nie. Sy was net te oud vir die langpad en die ding het so bietjie gevaarlik geraak met haar, maar daar is nou ‘n nuwe seun in die speelpark en sy naam is Tigger – Isuzu bakkie. So as ek praat van Tigger moet asb nou nie dink ek praat van iemand nie (die een is…
Nee maters, moet nie bekommerd wees nie. Die Willeklonge was Saterdag by die die Swartland Kelder-Kelder Marathon fees vir ondersteuning, nie vir deelname nie. My arme ou lyf sou dit nie gemaak het na die afgelope week wat ek gehad het nie. Terug by Malmesbury en terug by die Swartland Kelder-Kelder Marathon. Saterdaoggend, vat ek, Vicky, Elizca en Eugene die pad na Malmesbury so 11h00 se kant, en glo my maters hierdie pad kan die Willeklonge nou al toe oë ry, maar sal dit nie aanbeveel nie. Paul, nog ‘n mede…
Hoe beskryf ‘n mens die GROOTSTE kunstefees in Suider Afrika? Dit is wraggies onmoontlik, maar ek sal my bes probeer. Die KKNK (Klein Karoo Nasionale Kunstefees) in Oudtshroon is waarlik een van daardie ‘events’ wat elke persoon moet bywoon, ten minste een keer in sy of haar leeftyd. Oud, jonk, groen, wit, swart, pienk maak nie saak nie. Dit is ‘n MOET! Maar terug by my probleem. Hoe beskryf ek ‘n naweek saam met lekker vriende by die grootste kunstefees in ons land? Mens kan nie, want dit sal onregverdig wees…
Vrydagmiddag het Willeklong tot ‘n besluit gekom, genoeg is genoeg en die besluit geneem om ‘n reccy te gaan doen by die Calabash boskroeg, in Bainskloof, wat so op almal se lippe is. Ou Vicky het daai Golf van hom laat gly deur die Bainskloofpas asof hy nie eers van die vier Willeklonge (Ek, Vicky, Pierre & Ron) geweet het nie. Bo op die pas het ons gou in geloer by die Corner Lodge (<a href="http://www.bainskloof.co.za " target=’_blank’ class=’commentLink’>www.bainskloof.co.za</a>) vir ietsie om te eet. Met ‘n vol maag en seker ‘n…

