Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

KKNK fees

Hoe beskryf ‘n mens die GROOTSTE kunstefees in Suider Afrika? Dit is wraggies onmoontlik, maar ek sal my bes probeer. Die KKNK (Klein Karoo Nasionale Kunstefees) in Oudtshroon is waarlik een van daardie ‘events’ wat elke persoon moet bywoon, ten minste een keer in sy of haar leeftyd. Oud, jonk, groen, wit, swart, pienk maak nie saak nie. Dit is ‘n MOET!

Maar terug by my probleem. Hoe beskryf ek ‘n naweek saam met lekker vriende by die grootste kunstefees in ons land? Mens kan nie, want dit sal onregverdig wees teenoor die fees. Geen normale persoon kan in een naweek al daardie TONNE ‘shows’ en kunstenaars bywoon nie. Ek praat nie eers van al die ander aktiwiteite wat gedurende die fees plaas gevind het nie. Ek sal my bes gee om darem ietsie hier neer sit oor ons WilleKlong trippie KKNK 2005 toe.

Ek, Vicky & Ron, het die Vrydagaand net so na 20h30 by Tentedorp aan gekom waar Liz, Evan, Nicole & Francois ons in gewag het. Skallas en Alma was net so kort op ons hake en toe al die tente op geslaan was, was daar reguit Rock Art toe geskiet om Skallabrak (<a href="http://www.skallabrak.co.za" target=’_blank’ class=’commentLink’>www.skallabrak.co.za</a>) te gaan ondersteun. Vir diegene wat nie weet nie, Rock Art is een van die gewildste kuierplekke by die KKNK. Dit bly tot vroeg in die oggend ure oop en almal eindig gewoonlik daarop as al die ander plekke toe gemaak het. Dit was my eerste keer wat ek Skallabrak live gesien het en maters, dit was ongelooflik.

Die Willeklonge het ook by Kobus se Gat en Hoederkop kort ‘visits’ gemaak net om hello te sê en te wys dat ons almal se voggies sal ondersteun.

Daar was nie net mooi dames, lekker voggies, goeie geselskap en ‘n ‘stunning vibe’ nie. Nee wat, ons het nog ‘n kersie op die koek gekry. Ons eie Skallas het sy geboorte so gereël dat hy wraggies die Saterdag verjaar. So toe daai klok een sekonde na 24h00 slaan toe word daar behoorlik gejuig en geluk gewens van mense wat ons nie eers ken nie. Amper soos ‘n Nuwejaars ‘bash’. Die res van die aand was daar gedans en Bacchus was baas gewees.

Saterdagoggend was almal vroeg op. Het gou ietsie ligs vir die maag gekry en toe is die manne onmiddelik na Die Burger tent toe. Die Willeklong dames het besluit om die stalletjies te ondersteun. Die Burger tent – sjoe dit is nou een tent wat ek graag by die huis wil hê. Masief en alles wat ‘n feesganger benodig. Ek, Skallas en Francois het ons alles daar gegee en ons ondersteuning gegee net waar ons kan. Ons het wonderlike mense ontmoet en dit was nie lank voor die groepie groter en groter geraak het nie.

Daarna was die hele spannetjie terug Rock Art toe om ons groot heros, Zinkplaat, te gaan ondersteun. Toe Karoo Poison die lig tref, was ek bekommerd dat Liz moontlik uit haar klere gaan spring. Dit is ‘n groot Willeklong ‘song’ en die woorde is al vas gebrand in die brein. Later het die Willeklonge pad gevat na Klip in die Bos en Kobus se Gat wat die kuierplekkies was vir die res van die dag. Besonderse kunstenaars aanskou en dit was voorwaar lekker om te sien hoe oud en jonk saam lekker jollig kan raak.

Om die aand af te sluit is daar besluit om Debateer Bar toe te gaan waar daar elke jaar ‘n lekker ‘vibe’ is. Ons het ‘n ‘spot’ reg voor gekry en dit was lekker om ‘bands’ soos Rooibard en Akkedis weer ‘live’ te sien. Daar is darem niks so erg as jy nou net lekker gekuier het en nou moet jy ‘n tog terug huis toe aan pak nie. Debateer Bar is ook nou nie om die draai van Tente Dorp nie en ons het maar sukkel sukkel ons tente weer gevind.

Sondagoggend was daar op gestaan met die hartseer dat nog ‘n KKNK verby is en dat die pad terug Kaap toe aangepak moet word met liggame wat bietjie eina kry.

Ek dink die KKNK organiseerders het hierdie jaar ‘n ‘stunning job’ gedoen en dit wil voorkom of elke jaar net beter en beter raak. Dit is een van daairdie feeste wat ‘n klein dorpie se ekonomie so ‘n massiewe hupstoot gee dat almal daaruit kan baat. Aan ALMAL wat hierdie stunning geleentheid moontlik gemaak het wil ons namens WilleKlong BAIE dankie sê. Vir die borge wat tonne geld in hierdie event sit om seker te maak dat die fees elke jaar daar is wil ons ook net sê welgedaan en dit is lekker om te sien hoe Suid Afrikaanse maatskappye kan saam staan om so ‘n event te ondersteun.

KKNK 2005 het gerock! Check hulle site uit by – <a href="http://www.kknk.co.za" target=’_blank’ class=’commentLink’>www.kknk.co.za</a>

Leave a comment