Vrydagmiddag het Willeklong tot ‘n besluit gekom, genoeg is genoeg en die besluit geneem om ‘n reccy te gaan doen by die Calabash boskroeg, in Bainskloof, wat so op almal se lippe is. Ou Vicky het daai Golf van hom laat gly deur die Bainskloofpas asof hy nie eers van die vier Willeklonge (Ek, Vicky, Pierre & Ron) geweet het nie.
Bo op die pas het ons gou in geloer by die Corner Lodge (<a href="http://www.bainskloof.co.za " target=’_blank’ class=’commentLink’>www.bainskloof.co.za</a>) vir ietsie om te eet. Met ‘n vol maag en seker ‘n halwe kis Appeltizers later, was ons weereens op track met plan A. Bainskloofpas is seker een van die gevaarlikste, maar in dieselfde noot ook een van die mooiste passé wat ek al deur is.
Met ‘n draaitjie hier en nog 80 daar het ons uiteindelik ons bestemming, Calabash Boskroeg bereik. Calabash is in die ware sin ‘n boskroeg. Dit is aan die voet van ‘n berg geleë en is gebou uit klip, hout & sinkplaat. Hierdie boskroeg het seker een van die beste grasperke in die Wes-Kaap, maar die ding wat my oog die meeste gevang het was die swembad in die hoek van die plek. Voggies, ‘n warm dag en die swembad…aaai jaaai jaaai, dit kan mos nou net ‘n lekker ding af gee. Calabash is nie slegs ‘n kroeg, nie, maar het ook ‘n menu wat stof in baie restaurante se oë sal skop.
Agter die plek is ‘n groot strip grasperk waar ‘n tent vir die aand opgeslaan kan word as jy nie die pad huis toe wil aandurf nie. Met ys en hout wat verniet is kan, die kuier by die tente ook ‘n LANG ding raak. Calabash boskroeg is geleë in die middlel van niks en nêrens, wat beteken dat hierdie kroeg nie ‘n spesifieke toemaaktyd het nie en die deur word gesluit as die laaste persoon waai.
Willie (die eienaar) is ‘n baie laidback persoon en ek dink nie daar is iets wat sy moer kan koer nie. Het die heeltyd net hierdie groot smile op sy gesig. Geen bar is ‘n boskroeg sonder enige brakke of diere nie. Calabash het gesorg dat hulle die grootste en tog die dierbaarste brakke gekry het. Die plek word gepartroleer deur +/- 5 MOERSE GROOT Boerboele
Elizca het ons later gejoin en nou was ons al ‘n spannetjie van 5. Hoe later dit in die dag geraak het, hoe kwater. So ‘n paar locals van Worcester is raak gekuier en dié het ook besluit om die aand daar te kamp. Die hout was verniet en die vure het begin brand. Dit was ook nie sommer ‘n hiert jy vuurtjie nie, dit was ‘n ordentlike vuur. Klein Ron is mos nou al bekend vir sy vure wat hoër as hy is en hy het glad nie op hom laat wag nie. Met lekker geselskap en ‘n ongelooflike aand het ons die res van die aand plat gesokkie en gekuier..
Die volgende oggend is daar vroeg kamp opgeslaan om die pad terug Kaap toe aan te pak. Daar was nie baie gepraat nie, maar toe ou Vicky daardie “Karoo Poison” op die radio gooi toe is al die gees weer in ‘n oogwink terug. Dit is ‘n wonder wat baie lekker musiek kan doen as die liggaam eina en seer is…aai voggies…hehehe.
Die kuiertjie by Calabash was my eerste en sal defnitief nie die laaste wees nie. Dit is ‘n moet as jy in daardie geweste is. Gooi maar die tent in die kar, want die pad terug oor die pas sal ek nie aandurf as ek ‘n paar voggies agter die blad gehad het nie.