Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Genadendal hike

Ok, gaan kry gou vir jou koffie of ‘n bier en kom sit rustig voor jou PC want die artikel kan ek wraggies nie kort doen nie. Daar het net te veel gebeur en dit is graag memories wat ek met ieder en elk wil deel. Hoekom? Ag vrek ek weet self nie, lees net die damn artikel en moet nie aan die slaap raak nie.

Soos ons al vir baie mense gesê het is Willeklong nie net vir feeste en lekker parties en geleenthede jaag nie. Nee hel, dit is ‘n tool om ons land en sy mense te ontmoet. Ons lewe in seker een van die mooiste lande in die wêreld en wat is nou ‘n beter manier om dit te beleef as om in die natuur self te wees. Vicky het bietjie rond gebel en walla, daar het ons wraggies sommer twee hikes. Ons praat maar nie eers oor volgende week se hike nie, want as hy soos hierdie een is, dan het ons probleme.

Vrydagmiddag was die spannetjie, Vicky, Turbo (Werner), Parmalat (Paul) en ek reg vir die koue pad Genadendal toe. Ok, so nou wonder julle seker waar de hel Genadendal is? As jy op die N2 ry weg van die Kaap sal jy die bordjie so paar km voor Caledon kry. Die plekkie is net so voor Creyton. Dit is ‘n ou sending gemeenskap aan die voet van die berge. Dit is stunning en dinge gebeur nog so paar minute stadiger as wat dinge in die stad gebeur.

Daar aan gekom was daar gou-gou besluit om vir EEN bier by Creyton se Poskantoor (bar/restuarant) te gaan. Nou mense, vir julle wat die ou gesegte “EEN bier” ken sal weet dit is nie waar dit gestop het nie, maar om eerlik te wees was die groot plan om net vir ‘n koue bier te gaan en dan terug te kom en by die koshuis waar ons oor geslaap het te braai. Dit is wraggies snaaks hoe mense se gesiggies op helder as hulle in ‘n lekker plek in stap met ‘n lekker atmosfeer. Die Poskantoor is ‘n stunning, cosy restaurant slash bar op Creyton. Dit is in die hart van die dorpie en is die enigste watergat op die dorp. Turbo het die eerste lang draft gekoop en maggies was dit nou nie salig op die tong nie. Ons het soos altyd in n leë plekkie begin, maar so half pad deur die glasie melk toe wemel die plek van mense.

Manne en dit is toe dat dit gebeur. Ek dink ons almal het wraggies ons trouvrou ontmoet. Ons land het mooi vrouens, maar wragtig die was ‘n spesie met ‘n ander naam. Ons vier het soos dassies op ‘n warm klip gestaan en net gestaar. Soos altyd was daar so ‘n lelike brakkie (man/boyfriend) aan haar sy, so die trane was nie ver gewees nie. Ek was so van my voete af gevoeter dat ons nie eers gedink het aan die bleddie kiekie masjien nie. Ek het al begin droom hoe ons kinders en al daai k*k gaan lyk, omdat ons nie haar naam geken het nie het ons haar maar Michelle gedoop. Ok so nou was ons al vyf wat die hike gaan doen – ek, Vicky, Paul, Turbo en Michelle wat in ons gedagtes gaan rond hol, seker maar met min aan of hoe sê ek boys?…hehehe.

Ok maar eers weer terug by die Poskantoor. ‘n Lelike ding het sy kop begin uit steek en dit was nie lank voor die klein glasies (shots) hulle verskyning begin maak het nie. Aaai mense, toe ons vir die ander mense wat ook in die plekkie was vertel dat ons hier vir ‘n hike is, het diè amper hulle dinges geskeur soos hulle gelag het. Hier sit vier bulletjies en kuier of dit die laaste dag op die aarde gaan wees en oor ‘n paar uur gaan hulle kilos doen in die berge. Hoekom en waarom Henry??? Yeah die “HOEKOM” vraag het weereens sy koppie gewys. Die seun wat die grootste skade gemaak het was daai klein glasie sagte goed wat hulle (verskoon Afrikaans asb) ‘n “Low Flying Canadian Duck F*ck*r” genoem het. Mense daai ding omsingel jou en dan slaat hy jou van alle kante.

Met groot gesukkel het ons Turbo van die bar counter af gekry en gillend het ons maar besluit die plek gaan ons te seer maak. Terug by die koshuis het Vicky pa gespeel en beheer geneem oor die vuur en die vleis. Blikbekers was gevul met wisky en daar was gecheers op alles wat mooi was, veral Michelle.

Die volgende oggend raak ek met die wete wakker dat die dag van reckoning met ons is en dat elke man sy man moet staan. Vir elke aksie is daar mos ‘n reaksie. Wel 16km se reaksie het vir ons gewag en dit alles in die berge. Turbo het gelyk of hy die hele aand met n army voertuig gestoei het en lelik 12de gekom het. Sakke was gepak en mens kon voel hoe die skiet gebedjies deur die dak skiet soos die manne vir krag, genade en veiligheid gevra het. So ironies – hier doen ons ‘n hike met die naam Genadendal en ons vra al klaar vir genade. By die koshuis draai jy kort regs en vir so 100m is daar vrolikheid en jokes oor die vorige aand en toe begin die klim. Parmalat het lead gevat en ek was net so kort duskant hom met Turbo en Vicky wat gesweep het. Parmalat het soos ‘n verwoestende bul daai berg op gewikkel en ek dink ek moet Eugene dood voeter vir daai inspireerende woorde wat hy vir Parma gegee het. Maar soos ouens maar is het jy jou trots en jy sal mos nie ‘n hel eerste stop om te rus nie. Not de hell. Jy sal mos liewers eers vrek. Ek het woes begin houe vat die koppie op en binne ‘n kwessie van ‘n uur het ek na mense verlang wat ek nog nie eers ken nie.

Driekwart teen die koppie op, het die koue ons begin omhels en ek meen wragtag omhels. ‘n Rustige water ruskans kan in ‘n lekike ding ontaard as jy te lank stil staan, maar om alles te kroon het ons nog ‘n vyand gehad. As dit nie hangover, moerse berg en koue weer was nie, was dit ons mae. Mense, dinge was stukkend en die winde wat daar gelos was kon enige nuclear plant soos ‘n kinderkrans uitstappie laat lyk. Al wat jy hoor is asems wat jaag en dan ewe skielik hoor jy daai klankie en dan is dit elke man vir homself. Ek dog ons gaan mekaar dood poep op daai berg. Daai voggies van die vorige aand het ons net nie gehelp nie. So tussen al die sukkel en duck and dive vir n poep was ons verstom hoe mooi en groot die Skepper die aarde geskep het. Jy voel so klein en hier is jy, ‘n klein simpel spikkeltjie in hierdie massiewe berge. STUNNING!!!

Uiteindelik het ons die top bereik. Ons was nou al hoër as die wolke en dinge het begin woes koud raak. Ons was so 1125m hoog. Jy kan alles sien. Baadjies, mussies, handskoene ag hel, enige iets wat jy kan aantrek is uit gehaal. Vicky het vir ons ‘n brousel aan mekaar geskop en dit is darem wraggies snaaks hoeveel ‘n koppie koffie vir ‘n mens in die berge kan doen. Ou Coos (columnist van Voetslaan) was nou nie by ons nie, maar hy was wragtig in gees met ons. As julle sy artikels volg sal julle weet wat sy moer koer en ons moere was ook gekoer op die trip as ons die vorige hikers se k*k moet optel en sien hoe mense kort paaie vat van die roete af.

Die res van die dag het ons maar net gesak en hoe laer ons gegaan het hoe meer draagsaam het die weer geword. Die roete was baie goed uitgelê en iets wat ook ons aandag getrek het, is hoeveel verskillende areas van plantegroei ons gekry het. Shit, ek hoop nie ons het van hulle seer gemaak met al daai reuke van ons nie. Michelle het kaal in ons gedagtes rond gehol en ek het al gesien hoe propose ek. Shit, as ons maar net haar regte naam kon gekry het. Yeah right – ons het nie eers met haar gepraat nie, maar sy was in gees met ons daar gewees…hehehe. Aan die voet van die berg (waaroor ons nou net gestap het) +/- 15km later, het ons by die plaas De Hoek aan gekom.

Die plaas is in die vallei geleë en daar is nie eers sprake van enige sein nie. Hulle boer meestal met druiwe, maar het ook so paar lappies onder Lavender gehad. Die sonnetjie het sy koppie begin uit steek en die bietjie hitte was salig op die moeë liggame. Skoene is uit geskop en onmiddelik is die beddens aangeval. Die jong bulletjies, Turbo, Parmalat & Vicky, se gatte het bietjie gejuk en die het soos kinders buite gaan rond voeter. Ek is mos nou ookal bietjie ouer as 10 en het die rus kansie ten volle geniet.

Later die aand was vure aangesteek en ons het so bietjie gesellig verkeer met die ander spannetjie wat ook die hike gedoen het. So +/- 13 polisiemanne en vrouens wat die hike aan gepak het. Die bottel soetwyn en whisky het hulle koppies uit gesteek en so het die blikbekers nader gehol so teen ons sin….hehehe. Parmalat het bietjie chef gespeel en het darem seker gemaak dat ons vleis nie verbrand het nie. Liewe genade maar waar is ons voggies dan nou?? Is dit al op?? Met trane in ons oë en hartseer hartjies het ons maar besluit dit is tyd om daardie beddens te toets. Net soos my geluk is, het Parmalat besluit om bo my te slaap. Ons het van daai double bunk spring beddens gehad en toe hy met sy kleine 108km lyfie daarop klim, toe druk daai springs my klein maagie plat teen die bed. As dit nie genoeg was nie, het die ding gesnork soos n ou John Deer trekker wat op sy einde is. Ek het later maar gebid dat weerlig my maar net moet uithaal want ek kan nie meer deur hierdie marteling gaan nie.

Vicky het weer huilend aan die slaap geraak, want hy mis die girls wat hy nog nie ontmoet het nie en Turbo het met al die leë bottles voggies in sy slaapsak aan die slaap geraak. Shit ons was soos n happy familie gewees.

Volgende oggend is daar vinnig deur die drills gehol en was ons binne ‘n paar minute op die pad terug. Die Genadendal hike is ‘n sirkel roete, so mens stap ‘n ander roete terug. Hy is so bietjie korter, maar daar was sprake dat hy bietjie meer eina is. Hoe moeilik kan dit nou wees? Die begin stap jy so die vallei af met berge regs en links van jou. Na so 1km vat jy so ‘n skerp draai na regs en dan face jy die grootste vrees in jou lewe. Jy kyk hierdie berg vol in sy oë vas en jy sien nie ‘n plekkie links of regs van hom waar die roete kan deur gaan nie. Mense, daar is net een pad en dit is reg oor die berg. Vicky en Turbo het lead gevat en ek en Paul was sweeper team. Die sonnetjie het sommer vroeg-vroeg sy koppie uit gestoot en die hitte het sy ding begin doen. Ek het alweer vir mense gebid wat ek nie ken nie en het begin wonder oor al my sondes, want geen mens kan deur soveel hel gaan soos wat ek nou deur gaan nie. Ek het Vicky innerlik gevloek en skel dat hy my getrick het om weereens ‘n hike te doen. Hoekom sê ek altyd ja? Die seun (ek) het houe begin vat en nie “light weight” houe nie. Nee wat, ou Mike Tyson het my van alle kante begin voeter. Parmalat het later soos ‘n lopende waterbottel gelyk. so natwas hy gesweet. Vicky en Turbo het ook houe gevat, maar nie so hard soos ons nie. HOEKOM, WAAROM???? Mense, jy dink aan enige iets wat jou gedagtes kan af lei, want elke tree is net op en op en op en op en op. Die eerste 6km klim jy net. Die views is stunning en jy voel geseënd dat jy in hierdie skoonheid kan wees. Net wanneer jy dink jy is amper daar, dan lag die volgende koppie vir jou en dit maak binne eina. Ek het begin huil amper so eina ek begin kry het, maar toe ek sien dat Vicky ook naby aan huil is, omdat hy weer girls mis, het ek maar gelos, want, as hy eers begin dan stop hy net nie. Ek het begin dink aan Michelle, maar die kaal hol storie het nie eers meer gehelp nie. Ek was nou in ‘n geveg met myself. Julle moet my nou nie verkeerd verstaan nie – ek skryf die artikel uit my oë en daai ander brakke het net so HARD gehuil/suffer. Hierdie was ‘n ware Vasbyt gewees.

Net so voor ons die berg se ruggie gebreuk het, hoor ek hierdie moerse brul links uit die bosse van ons. BLIKSEM mense, daar staan ‘n maanhaar leeu. Die ding is skoon bef*k. Parmalat het so stelasie tussen hom en die leeu gek*k soos hy geskrik het. Vicky het weer begin huil en Turbo het vir ‘n leë bottel voggies in sy sak gesoek om die mannetjie aan te vat. Ek (wat amper na aan die dood was) het die klein bliksem genader met ‘n waggelde stappie. Net so voor ons kontak maak trip ek oor my eie voete en headbud die poefter plat teen die grond. In die prosess het ek hierdie MASIEWE skrape op my enkel gekry (daar is n foto vir bewyse). Ek het net gelag want, ek het my pals se nuttelose lewens gered……shit Henry word wakker en skryf verder aan die artikel. Oeps….ok vergeet maar van hierdie paragraaf, maar ek is seker daarvan dit het gebeur of was dit maar net die moegheid wat my goed laat sien het.

Die view bo-op die berg kan mens nie beskryf nie. Dit is iets wat jy nie kan deel nie. Die view na onder was scary want ons kon nie glo hoe groot drop ons hier gaan af vat nie. Die is fisies berg op en dan berg af. Na brunch was die moed weer terug en ons kon Genadendal in die verte sien. Daar was nou net een pad en diè is af. Vicky se rugby beserings het begin spook by hom en die seun het maar stil-stil die berg af gegaan. Hy’t nooit gekla nie, maar ek het geweet daai knie van hom vat eina houe. Parmalat het ook houe begin vat, maar kla het daar nooit gekom nie. Wraggies ek het soos Superman gevoel, want vir n slag het ek geen houe gevat nie.

Voor ons die hike begin het, was daar sprake van reën, sneeu en weet nie nog wat als nie. Ons was wraggies geseënd gewees en het net so bietjie koue gekry. Die dag was stunning en toe ons die dorpie in stap, toe was ons die kat se snorbaarde. Ons was ‘n ware “Band of Brothers”. Ek het saam met 3 van die lelikste, dofste, gruwelooslike goed (my vriende) gestap en al was dit op tye hel gewees, het ons soos een gevoel. Ons het mekaar gehelp en mekaar aangespoor, het Vicky se trane af gevee, het al ons lekkergoed vir Parmalat gegee, het vir Turbo die heeltyd gesê hoe ‘n goeie party animal hy is en vir my moes almal net die heeltyd op help.

Genadendal sal ek altyd onthou as die berg wat die seun net weereens laat besef het dat as jy wil, jy enige iets in die lewe kan aanpak al is die odds so erg teenoor jou. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is ons pal Paul (Parmalat). Die seun het woes onder die woorde geval voor die hike, maar hy het sy eerste hike soos ‘n ware bulletjie gestap. Hy was seker die stapper van die naweek loshande gewees en dit was ‘n groot plesier om sy eerste hike saam met hom te beleef het. Vicky, jy was soos altyd op jou pos en mens kan seker vir niks meer van jou vra nie – altyd daar deur dik en dun. Turbo, dit was ook my eerste hike saam met jou en maggies het ons daai Poskantoor darem nie gas gegee daai Vrydagaand nie.

Michelle of wat ookal jou regte naam is, wil ons net dankie sê dat jy ons emosioneel oor die berg gekry het. Manne dit was nou ‘n wille stap want ons altyd sal onthou.

Leave a comment