Iemand vra my nou die dag of ek al ‘n k*k “write-up” oor ‘n fees geskryf het. “Het nog nooit die geleentheid gehad nie” het ek reply, want al is daar soms nie baie om te doen nie is dit wat jy daarvan maak. Jy kan na die beste event in die land gaan, maar as jy ‘n blabla crew saam met jou sleep dan gaan jy soos ‘n flou vlaggie rond wapper.
Die naweek het ek weereens besef hoe dit voel as jy die groot calibers uit die kas haal. Ron was weer op sy spot na ‘n lang afwesigheid en die het impak gemaak nes ‘n klein pakkie dinamiet kan doen. Eugene het nogals baie geleer van sy vorige trips en al is hy soms op sy eie mission weet hy dat daar nie gewag gaan word as Tigger wil sleep nie. Hy is sommer eerste op Tigger…wys jou hoe help ‘n koue aand se stap in Malmesbury…hehe. Vicky en Parmalat (Paul) het daai groot John Dear lywe weereens begin rond gooi. Ek… ag wat, ek was maar net ek en het probeer by hou by die kinders…whahahaha.
Waarvan praat jy Henry? Ag ek weet soms self nie, maar laat ek tog gou so bietjie lig op die onderwerp gooi. Was die naweek in Riebeek-Wes by die Olyffees saam met…ek probeer nou nie ‘n lelike woord vir hulle gebruik nie, maar ek moet seker maar die woord, vriende, gebruik al maak dit hoe seer. 5 van ons (Eugene, Ron, Paul, Vicky en ek, oeps het amper van Tigger, bakkie, vergeet) het Vrydag na werk die lang pad Riebeek-Wes aan gepak. ‘n Gereelde besoeker op die Willeklong website, Charl, het gereken ons kan nie deur sy dorp skiet sonder ‘’n biertjie nie. Die dop het gekom en het gegaan en Charl het sommer sy crew (Bertie, Space) ook saam getrek om die tog saam met ons aan te pak.
Riebeek-Wes in gekom was dit reguit Laerskool toe om ons TB (tydelike basis, Vicky se tent om meer spesifiek te wees) aan mekaar te plak. Charl het aan beveel dat ons so ‘n klein restaurant visit in Riebeek-Kasteel. Kom ek skep die atmosfeer vir julle – dit is hierdie klein cozy restaurant. Ou plaas implemente teen die mure en in die dak. Baie netjies. NIEMAND kan Afrikaans praat nie en hier stap ons 8 Afrikaans sprekendes in wat al vir 5 dae uit sien na die fees. Hulle cash flow was onmiddelik tot die maximum getoets en die voggies het begin loop. Na ‘n paar sterk WK melkies is daar besluit om terug Riebeek-Wes toe te gaan en kyk wat ons daar kan raak loop. Wel het iets gekry, maar wragtig R104.00 vir 4 db brandewyn & coke en ‘n Savannah betaal geen opregte mens nie. Terug Riebeek-Kasteel om verder te gaan waar ons opgehou het. Die keer het die melk verander in double thick milkshake if you catch my drift. Die klein dwergies (shots) het ook hulle koppe begin uit steek en voor alle wiele begin los kom, was daar weer geskuif. Charl het maar besluit om die aand totsiens en vaarwel te heet en dié en sy spannetjie is terug Malmesbury. Tigger het hom goed gedra en het ons darem veilig by die volgende kontak punt gebring.
Die plekkie is so teen ‘n koppie en dit is ook hier waar ou Parmalat (Paul) se pens vas gesit het toe hy dink hy is ‘n Recce en kon die plek bekruip. Wys jou wat voggies aan ‘n mense doen. Soos tradisie het Eugene sy move begin los skop en dit was nie lank voor hy vladders om hom het nie. Hoe de donder hy dit reg kry sal net hy weet. Die aand was lank en hard en ons het dit darem gemaak tot by ons tent.
Soos ek vroeër gemention het het ons Vicky se 5 man tent daar gehad, maar toe ek die volgende oggend wakker word sien ek dat ek, Paul en Ron nie die tent gemaak het nie (was so 1 m van die bakkie af). Het so boere lepel gelê agter op met net die seiltjie wat net-net ons gevreetjies cover. Eugene het WEEREENS sy slaapsak vergeet en nadat hy ‘n defnitiewe NEE van Vicky in die tent gekry het vir slaapsak share het hy maar voor in Tigger gaan slaap. Hier is ons – 4 buite die tent en net een in die tent. Mooi manne, wragtag mooi.
Die son wou sy koppie so net-net uit steek, maar die vroeër oggend het nog sy laaste ligte reën neer gegooi. Dit was koud en leeu koud het soos ‘n puppy gelyk teenoor die koue. Alles het stadig maar seker aan die gang gekom en ons het die naaste watergat betree. Na ‘n paar vinnige rondes van Courage (moes stop, want Vicky het die heeltyd verloor) het ons maar gereken die mae wat so gil is seker maar net nie reg nie.
Snaaks hoe waiters mens snaaks uit kyk as jy die volgende oggend terug na die plek gaan wat jy so paar uurtjies vroeër probeer plat kuier het. “Liewe genade oom lewe daai seuns nog?” Nou het die gatte begin juk en die groot SEARCH vir ‘n ordentlike watergat het begin. Eers was dit ‘n Olyf & Kaas dingetjie, toe die Kasteel en toe terug dorp toe na ‘n plek wat ons gedog het die ding aan die gang kan ruk. Het net ons gatte rustig neer gesit toe ons waitertjie vir ons fluister: “Julle ouens lyk na manne wat opsoek is na ‘n lekker kuier plek.” Magtig, ek dog die dingetjie kom van Bo af. Met ‘n ton aanduidings het Tigger sy dinges reg geruk en daar gaan ons – Boskroeg op Riebeek-Wes.
Die plekkie was so langs die Kelder geleë. Ingestap was ons soortvan aangeval deur vriendlikheid. Voggies was goedkoop en die ietsie wat dit aangedra het was tog net te oulik vir Parmalat en Eugene. Tigger het een van sy vastrap CD’s vir die plekkie geleen en binne ‘n jap trap toe is die plekie vol.
Met die gedagte dat ons nog terug Kaap toe moet ry, want ons het n BDay party gehad, het ons maar besluit om so bietjie brieke aan te sit. Een van ons informante (Yolandi) het ons laat weet dat die tent by die Kelder dalk net die ding vir ons is. MAGTIG mensies en was daai girl nie reg nie. Glase wat so groot is soos ‘n bierbekers en R5 vir refill het alle paniek om ons los getrek. Het tonne nuwe mensies ontmoet en vir ‘n slag was dit van die mooier geslag. Ok, ek gaan nie eers probeer name onthou nie, maar ek weet daar was ‘n Liezel (manne dit girltjie is darem moeilik gewees met my…hehehe) en dan ook ‘n Tanya wat my van erens onthou het. Waar weet ek nogsteed nie. Oulike girltjies. Maar die het ons aan al hulle maters voorgestel en voor ons ons kon kry toe word daar woes gekuier. Wynmaker (sy weet wie sy is) het rooi wyn op die hemp gemors en maggies hoe toevallig met so ‘n rooi bra…whahahaha. Shit het daai girltjie nou nie vir jou gebloos nie of was dit maar net die wyn gewees.
Jesse van die band, Jesse Jordan Band, en sy trawante het ook daar hulle verskyning gemaak. Ons was 5 wat deur geskiet het en maggies nou is ons kort duskant ‘n half ton mense wat saam kuier. Het ooms en tannies ontmoet wat ek van nêrens ken nie, maar wat groete stuur vir ooms en tannies wat ek ook van nêrens ken nie. Vicky het sy eerste kus van ‘n Matie meisie gekry en wat ‘n storie was dit nou nie om die tweetjies later die aand te soek nie. Eugene was low profile en het soos 007 sy ding gedoen. Ek, Parmalat en Ron het gegaan vir goud. Ok Ron het so hard gegaan dat hy wragtig die aand amper weg geloop het met ‘n goudmyn. Die seun het visions begin sien, so hard het hy die wyn gevat. Rooi wyn het begin seer maak en ek en Parma het maar besluit dit is tyd vir Matie melk, Katembas (rooiwyn en coke). Nektaar op die tong. Maggies mense as ek nou terug dink aan daai aand dan wens ek ek kan dit alles weer van voor af doen.
Die organiseerdes het alles reg gedoen. Nice musiek, sagte voggies, lekker atmosfeer en natuurlik al die oulike geselskap wat daar was. Mense, die Olyffees gaan wraggies weer die seuns sien. Dankie vir al die mense wat ons daar ontmoet het en wat nie dagvarings vir ons uit gereik het nie. Vir al die ma’s wil ons ook net dankie sê vir al die mooi dogters wat daar was. En dan vir die boys – Paramlat (Paul) vir jou pens, Ron vir die feit dat jy bly staan het, al het jy later gedink jy is op Brakpan, Eugene vir jou 007 slickness en vir Vicky vir jou…uhmmm…hoe sê mense dit nou mooi…uhmmm, ag hel dankie dat jy jou maag in getrek het op die trip, want ons kon wraggies nie met twee dikgatte rond loop nie. En ook vir ou Tigger wat maar moes deurtrek met al ons manne op hom.
Wel dit is dit van die seuns. O ja voor ek vergeet, as een van julle daai girl se naam ken wat Vicky gedruk het kan julle hom asb mail by eksoekmytrouvrou@willeklong.co.za Die man het die koël woes deur en ek gaan nie laat hy my weer huilende wakker bel nie.