Nee maters, moet nie bekommerd wees nie. Die Willeklonge was Saterdag by die die Swartland Kelder-Kelder Marathon fees vir ondersteuning, nie vir deelname nie. My arme ou lyf sou dit nie gemaak het na die afgelope week wat ek gehad het nie.
Terug by Malmesbury en terug by die Swartland Kelder-Kelder Marathon. Saterdaoggend, vat ek, Vicky, Elizca en Eugene die pad na Malmesbury so 11h00 se kant, en glo my maters hierdie pad kan die Willeklonge nou al toe oë ry, maar sal dit nie aanbeveel nie. Paul, nog ‘n mede Willeklong het later opgedaag, wat ons getalletjie opgeskuif het na 5.
Daag toe daar in Malmesbury op by Hoërskool Swartland se sportgronde –weet nie wat om te verwag nie, maar die karre het daar gestaan, en ons het ons voorberei vir nog ‘n Willeklong kuier. Die eerste tree wat by die fees gegee is, was in die rigting van voggies, en na die eerste voggies geval het, was ons reg vir Malmesbury.
Ons was net betyds om vir Christo & Cobus te sien optree. Die prysuitdeling vir die wedlope het daarna gevolg, en met spyt moet ek julle Willeklonge meedeel, dat die Willeklonge nie enige pryse gewen het nie – dalk sal dit in die vervolg help as ons actually deel neem aan die wedlope…maar daar gelaat.
Ons loop toe natuurlik vir Ronel en haar vriendin Estie raak van Wellington. Nou Ronel is ‘n meisie wat kan sing, en wat ons al voorheen raakgeloop het by die Whooshfees in Worcester en by die Kreeffees in Lambertsbaai. Ek kry sommer hierdie gevoel dat ons haar nog baie gaan raak loop.
Ek & Elizca vat toe ‘n pouse om met Skallabrak ‘n onderhoud te voer (sien Wille Interviews) terwyl die ander op soek gegaan het vir ‘n plekkie waar die rugby gekyk kan word. Na die interview sluit ons, ons toe aan by die res by Upstairs in Malmesbury. Ek wil nie veel van die rugby sê nie, want is daar werklik veel om te sê? Een goeie ding is, is dat ‘n brandewyn & coke slegs R7.50 by Upstairs is!
Na die game, wat die Stormers rugby probeer noem, gaan ons maar terug na die sportgronde. Jip, dis reg maters, as julle mooi gevolg het, sal julle agterkom dat daar toe nog nie tent opgeslaan is nie. Die Willeklonge is mons nie bang nie, en besluit om voort te druk en later tent op te slaan…(wat natuurlik nooit gebeur het nie).
Nou het die voggies hard begin praat en Bacchus was ons baas, maar dis vas byt en aanhou. Die eerste optrede van die aand was Skallabrak en julle mensies moet julle self ‘n guns doen, as julle die kans kry om hulle live te sien – gaan kyk hulle. Skallabrak julle maters is excellent! Check hulle site by – www.skallabrak.co.za
Volgende op die verhoog was Akkedis, nog ‘n Willeklong favourite. Die Willeklonge was absoluut bederf Saterdag met die bands wat opgetree het, aangesien al ons favourites daar was (ons het net vir Zinkplaat gekort).
Daarna het Abel Kraamsaal gevolg, en die van julle wat nog nie van hom gehoor het nie, kan gerus die moeite doen en een van sy shows gaan kyk. Hy’t nou hoeka een ‘n nuwe venue oopgemaak in Durbanivlle waar julle na hom kan gaan kyk! (Vir verdere inligting rakende hierdie venue, kan julle elizca kontak by elizca@willeklong.co.za). Laaste maar nie die minste nie, was die Willklonge aangenaam verras met DNA Strings wat ook opgetree het Saterdagaand.
Maters, dis hier waar die probleem toe insluit. Ek en Vicky besluit dit is te laat vir tent opslaan en ons liggame skree vir ons eie bedjies. Ons kry toe vir Elizca (met vele) moeite by die kar en pak die pad terug aan huis toe. So waar is Eugene?
Wel Eugene, my liewe maters, het besluit om eerder nog te bly in Malmesbury. Volgens hom het hy twee keer rondom Malmesbury gestap en einde ten laaste die karevaanpark gevind – waar ons toe nie gekamp het nie. Ons vriend dwaal toe in die strate van Malmesbury rond, toe hy verby ‘n gastehuis loop waar Skallabrak hulle gelukkig oor ons mede Willeklong avontuur en vir hom ‘n slaapplek vir die aand aanbied.
En dit my liewe maters, was die Willeklong avony in Malmesbury. By die volgende fees is ons weer daar, maar volgende keer sal ons onthou om die tent vroeër op te slaan!