Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Battle of the Bands fees

Saterdagoggend en ek word weereens wakker met daai simpel “hoekom” vrae. Het ek regtig gedink ek gaan Vlakvarkgat tem gisteraand? Hoeveel keer moet ek my kop stamp voor ek gaan leer? Die skade is klaar gedoen en nou moet ek nog ‘n groot dag in die oë staar. Die keer is dit die Battle of the Bands in Saldanha. Dit gaan eina wees, dink ek.

Net so voor 14h00 die middag sleep Tigger Saldanha in. Na ‘n vinnige stop vir Parmalat se maag het ons (Ron, Parmalat, Jan, Elizca & Issie) uiteindelik by Captains Cabin aangekom. Was nog net een keer in Saldanha en dit was jare terug, so ek was nie heeltemal seker wat om te verwag nie.

Captain’s Cabin is aan die voet van die see geleë en word net deur ‘n pad en ‘n stukkie grond geskei, met Rayno aan die stuur daar. Uhmmm…shit dan is dit mos nie aan die voet van die see nie. Ag hel man, julle weet seker wat ek bedoel. Dit is ‘n moerse nice plekkie. Julle moet daar stop as julle daar is.

Met die intrap het die voggies hard die counter getref en met die wete dat ek en bier nie groot vriende is nie, het die realiteit my getref dat vandag/vanaand ‘n LANG aand gaan word. Jo Martin (<a href="http://www.jomartin.net" target=’_blank’ class=’commentLink’>www.jomartin.net</a>) was klaar besig met sy set en die Jazz boetie het my skoon verras. Dit was die eerste keer wat ons klomp hom gehoor het en maggies, waar het die seun weg gekruip die heeltyd?

Captain’s Cabin het begin woes besig raak en die voggies het wyd en suid gevloei. Parmalat en Jan het gereken hulle kuier of dit hulle laaste kuier op moeder aarde was. Playboy Eungene en ‘n paar palle van Jan het ons ook later die middag met hulle presence verras. Dit raak nou ‘n vraggie mense. Liquid Fusion was volgende op die stage en het ‘n stunning set gelewer. Volgens van die organiseeders is hierdie jong band besig om vinnig groot naam te maak. Hou die naam dop.

Mense ons het nou al relatief wyd en suid getravel en het al selfs op plekkies gesellig geraak waar daar net ‘n handtjie vol huise was, maar eending wat ek net weereens besef het, is dat bands flippen hot girls trek. (Hot ouens ook, volgens Elizca, ek sal nou nie weet nie.) Net wanneer jy dink hierdie een is die oulikste dan stap ‘n ander juffie verby en net daar en dan word jy sommer weer verlief. Maggies man, hoeveel keer kan ‘n mens verlief raak op een aand?

So kon dit nie aangaan nie en ek het Parma en Jan gejoin vir daai “einde van die wereld” kuier. Om dinge erger te maak stap die twee Vlakvarkgat boeties, Guan en Ruan, ook daar in en dit is net so goed jy gooi petrol op ‘n onstopbare vuur. Waar is die agterdeur van hierdie plek, het deur my kop geskiet? Die seuns se middel name is Groot Gaan en daar is niks van ek kan nie meer nie. Hulle sit die Vasbyt in kuier.

Ok Jan se “einde van die wereld” het nie lank gevat om te kom nie en die seun moes die swaard laat sak en is terug bakkie toe kop hangend. Elizca het weer woes bemark en toe die derde band, Bokkom, die stage vat kon ek maar net lag, want Jacques (drommer) het wraggies haar shirt aan gehad. Hoe dit gebeur het wil ek nou nie weet nie…whahahaha. Wou al lankal na die bulletjies geluister het en mens kon sien hulle het al diep spore in die Weskus gestap want die dansbaan het vinnig vol geraak toe die seuns die stage vat. Met ou tunes van Koos Kombuis het die party net lekkerder begin raak. Ons het Bacchus reguit in die oë gekyk en die seun was bewus dat ons hom ‘n go gaan gee vanaand.

Met Jan en Issie wat man down was, was dit nog net ek, Parma, Ron en Elizca wat die naam aan die go probeer hou het. Eugene was weereens êrens/nêrens en dan sien jy hom en as jy weer kyk is hy weg. Hoe hy dit doen sal net hy weet, maar hy is goed daarin om net te verdwyn.

Laaste twee bands, Skallabrak (<a href="http://www.skallabrak.co.za" target=’_blank’ class=’commentLink’>www.skallabrak.co.za</a>) & Akkedis, is ou Willeklong favorites en het die aand met ‘n bang afgesluit. Die seuns het nou al vele kere gewys dat hulle mag maar musiek maak.

Mens kan seker nou aangaan en vertel van al die mense wat ons daar ontmoet het, maar hoe vertel jy vir iemand dit alles. Het ‘n klomp mense van die Kaap, Stellenbosch en Saladanha omtrek ontmoet. Dit was wraggies great gewees om julle almal te ontmoet het. Hier en daar het ek ‘n naam onthou, maar los maar ‘n comment op die artikel as jy daar was en kom sê so bietjie hello.

10 ut 10 vir Captains Cabin en Jaques en die manne wat die hele ding aan mekaar geslaan het. Was wraggies lekker gewees om saam met julle te kuier en sal defnitief in die nabye toekoms weer ‘n draai hier kom maak.

Laat hom juig en onthou om die blinkkat bo te hou maters…

Leave a comment