Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Sjomma jy moet @#*&$# sleep!!

Saterdagoggend en die oggendbriesie sny deur my vel. Die wêreld is nat en ons het amper ons gat 12 keer gesien hiernatoe. Het seker ook nie gehelp dat Parma soos ‘n mal besetene gery het nie. Maar ja ons is hier en nou moet BoerBok sy laaste vry inkry dat ons die pad terug Kaap toe kan vat. Mens kan ook net soveel doen op Pofadder.

Gisteraand se kuier by die dorpshotel was verby woes gewees. Steyntjie (Da Protecta) het in net sy 1840 onderbroek op die counter gedans, Brill het gegooi met die TK’s (taktiese kots) en NK’s (nodige kots), Neill het so paar knape probeer impress met sy engels maar het amper op sy moer gekry na die tweede sin, ou Parma & Vic het gereken dat as hulle al die brannas in die plek kan opsuip hulle die volgende dag die Jackpot gaan losslaan. En laaste maar f*kweet ook nie die minste van hierdie sirkustoer van ons nie is daar BoerBok (BBk). Die ding het ‘n GIRL / amper ‘n knaap opgechat wat Parma soos ‘n laerskool laaitie laat lyk het.

En dit, na baie brannas en passievolle woordjies in haar oor, is die rede hoekom ons nou hier in die vlaktes staan en wag dat die donder nou klaar vry. Brill kots nogsteeds en Steyntjie se onderbroek is nou al op sy kop. Gee ons net krag asseblief… Parma sit nog voor in sy bakkie en ek dink die knaap is te bang om uit te klim want anders voeter hy neer.

“BoerBok jy moet vry en KLAAR vry jou vet rot!!!”

“Nou daar boys. Gee net kansie.”

Dit is mos nie hoe ons BBk ken nie. Rumors loop dat die knaap in minute werk. EISH. Die ouens is moeg en gatvol en dit voel of ons kan vrek…

DOEF!!!

“FOKKIT. Wie de donder is dit???” kom die angsgille van die plaashuis af.

DOEF!!

Die voordeur ruk oop en BoerBok, in net sy Scooby Doo boxers, sleep soos die wit nag. Agter hom kom ‘n tier uit groter as die lewendige hel met ‘n haelgeweer wat hy leeg maak so vinnig soos hy kan vol maak.

“Start daai fokken bakkie boys. Die ding gaan ons vrek SKIET!!!!!”

Parma ruk wakker en daai 3.0 Isuzu bakkie kry lewe. BoerBok se ore is nou al plat getrek en dit is net beeskak en modder soos hy daai 130kg oor die plaaswerf sleep.

“Fanie los hom uit. Hy is ‘n oulike outjie. Hy het my net gehelp met my rokkie” kom daai GIRL / amper ‘n knaap se stem (tjie) van die huis af.

Die ouens is nog so aangeklam dat Steyntjie begin klippe teruggooi in plaas van om sy gat in die bakkie te kry.

“Vic kry daai bleddy Steyn in die bakkie dat ons sleep!!” gil Parma van voor.

10m, 9m, 8m … 3m, 2m… en BoerBok val ‘n one tonner dat die diff teen die grond vasslaan. Pedal to the metal en daai bakkie staan stil soos ons rubber brand. Die knaap slaan ‘n solid stuk grond en ons is daar weg soos n rocket.

Mal aap Fanie maak nog steeds daai haelgeweer skoon en dit is ons wat moet vlug vir ons lewe.

“BLIKSEM!”

“WAT????”

“Hy is agter ons in sy Ford Cortina bakkie”

“Jonker hou gou my dop vas, ek sukkel met die ratte”

Daai Isuzu brul met gillende Brill agterop. Vic is nog nie by sy volle self nie en ek reken die drol weet seker nog nie dat sy lewe op die spel is nie. Bok van Blerk se Vodka en OJ song skreeu oor die radio terwyl ons modder opgrawe met daai 3.0.

“Ekke kan nie vandag dood gaan nie. Het nog nie eers vir die Bokke gespeel nie!!” is al wat deur my kop gaan.

Parma grawe nog so 100KW uit die Isuzu en nou sleep ons soos die wit nag. Raak net hier en daar grond en Ford se kind is iets van die verlede. Het ons weggekom of is die mal aap nog daar???

“Parma, watch die draai daarvoor…”

“Ja ek sien die ding man!”

Skielik is dit net BoerBok se Scooby Doo boxers op die windscreen en ons is etlike meters van daai draai af. Dinge lyk nie goed nie en voor jy mes kan skreeu weet ek ons is in groot kAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAK!

“PAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAARMA!!!!”

“Skat word wakker. Hoekom gil jy Parma se naam so hard uit? Dis net n droom skat, moenie worry nie. Drink n glasie water en gaan slaap weer”

Shit, dit was net ‘n droom… Ek wou regtig nie gesien het hoe BoerBok sonder sy onderbroek lyk as ons daai bakkie gerol het nie.

Lekker droom bulle

Leave a comment