Gisteraand sit ek so voor my PC en ek besef net weereens dat ek en hierdie damn stuk blik masjien soms net nie damn palle is nie. Was besig met die nuwe skin vir die site en dinge het maar woes rukkerig gegaan. Eish!
Konsentrasiekamp20 blaas oor die speakers en dit is net ek en Chuck en tonne lyne code. Dit vloek en skel en ek moes 87238278 maal myself net keer om nie die stuk k*k by die deur uit te gooi nie. Hoekom?? Waarom?? F*K is al wat deur my kop gaan soos ek berserk gaan as ek nie iets reg kry nie. Die trane is naby, maar dan dink ek net weer aan Brill & BoerBok wat my elke *@)(*#( dag teister met hulle: “Hoe ver is jy met die skin? Wanneer gaan dit live?” Ek begin sommer huil…
Die van julle wat die Bloemfontein manne (Konsentrasiekamp20) se musiek ken sal defitief die song “Tibie Visserlaan 13” dan ken.
“Het jy al ooit ‘n spook gesien? Hy laat jou voel jy’s op morfien…”
Vir een mal onverklaarbare rede skiet daar so effense koue gevoel my gat af en ek is op my voete en maak seker my voordeur is toe. Gaan sit weer voor die PC en begin sommer vir myself lag. F*k Jonker, jy is amper 30 en jy kan nie nou meer damn bang wees vir spoke en daai gemors nie!
OK, die realiteit is dat ek darem nie meer is nie. Maar ek wil julle graag van my laaste spook episode vertel. Was dalk nou nie ‘n spook gewees nie, maar dit het my ook laat voel of ek op morfien is.
Verlede jaar skiet ons deur die Noord Kaap oppad na nog ‘n fees. Een van ons stops was op Keimoes ver in die Noorde. Het die aand laat by die plek aangekom en die koue het ons gevoeter van alle kante. Ek en dikgat Parma (Paul) het agter in Tigger gekiep terwyl die ander wetters die tent gevat het. 06h00 die volgende oggend ruk ek wakker van die damn koue. Voel of ek wil vrek. Maak die canopy oop en word verras met ‘n wit kapokte Keimoes. Die mis lê nog laag op die grond en dit is doodstil en vrek koud.
“Bliksem Jonker nou het ek vir jou ‘n ma moerse p*s ou sjom. Maak gou daai flap oop”, brul daai brak hier langs my.
Stamp my amper eers deur die bakkie soos hy sy skuif maak na die flap, beloer die werêld en nes die duiwel kry daai bliksem so stout smile op sy bakkies.
“Wat? Waaraan dink jy nou jou aap?”, vra ek met klappende tande.
1, 2, 3 en die wetter is uit die bakkie en ook uit sy rugby broekie. Die naaste boompiepiepiepie was seker so 50m oorkant die bakkie en nes die Lewe dit wil hê wil die ding nou teen daai boompiepiepiepie gaan p*s.
Die volgende gebeure is moeilik vir my om oor te praat, maar ek het my Salusa 45 geneem en voel nou beter. Kaalgat Parma sleep met alles wat hy het op daai boom af en ek skiet gebede die lug op dat hy net betyds briek anders gaan daar moerse skade aan sy knapie wees as hy daai boom tref. Die ding lyk witter as ‘n spook en ek sukkel om asem te kry en die kots is ook naby. Die ys vlieg soos daai 130kg die grond tref en my stunning mooi oggend het sy g*t gesien.
Hy kry sy briek en huppel soos hy sy ding doen. Vicky het ook nou al sy kop uit die tent gesteek en die is verby desmoers toe geslaan aan sy oggend scenery. OK, nou as die hardloop soontoe erg vir ons was, dan kan julle self dink hoe (*&@(# erg sy terugkom poging was. Die laaste keer toe ek so bang was, was toe ek gereken het daar was iets onder my bed en dit was nie ek nie.
Parma se episode het my net duskant bleek gevat. Ek dink as spook se kind dit gewaar het sal hy sy goed net daar pak en die langpad terug vat vanwaar hy gekom het.
Onthou ‘n spook is soms nader aan jou as wat jy gedink het. Check jou vriende ordentlik uit en sit tabs op die wetters. Deesdae kan mens nie seker wees of die ding regtig mens is of nie. Kyk maar net vir Brill en BoerBok. Hoe de donder kan daai goed mens wees? Spook se kind kan hulle ook nie wees nie, want hoe de hel gaan daai twee dikgatte in jou kas of onder jou bed pas??? Uhmmm…wat de hel is hulle dan? OK, nou raak ek bang…MAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA!!!