Skip to main content Scroll Top

Buffelsrivier

Buffelsfontein

17 Oct: Manne tyd in die Moordernaarskaroo

Hierdie is ʼn nota aan myself. Dit is Sondagmiddag en my gat is nog pê van ons trippie deur die Moordenaarskaroo. Ek laai ʼn paar kiekies op sosiale media om seker te maak ek “date stamp” die gebeurtenis en besluit ek sal ‘n ander dag paar woorde skryf daaroor. Die volgende dag drink ek koffie saam met ʼn maat en hy noem, “Bliksem Henry, maar dit lyk of julle manne lekker tyd gehad het”. Ek knik my kop, en toe ek weer terug is in die bakkie maak ek my foon…

buffelsrivier_01

04 Apr: Buffelsrivier se rustigheid

Liewe mensdom, maar die jaar het met ʼn “bang” afgeskop. Dit voel of die seuns se skedule net meer en meer intens raak. Ons kla nie en ons weet ons moet dankbaar wees, maar my kop kort rus. Ek wil weg kom van Whatsapp boodskappe, en is lus vir rustigheid. Ek ping Izak van der Vyver van Buffelsrivier en vra of daar ʼn plek langs die rivier is, vir my en my hond, vir so 3 dae. Izak laat weet die saak is reg, en hy wag vir ons. Ons vorige…

MicrosoftTeams-image

24 Jul: Moordenaars Karoo se Buffelsrivier

Ons kuier by Gecko Rock het tot ʼn einde gekom en ons is weer aan die beweeg. Volgende stop is by Laingsburg, 85km verder, en dan is dit nog so +/- 12km tot by Buffelsrivier waar ons vir die volgende twee aande lekker in die veld gaan kamp. By die ingang van die plaas ontmoet ons ʼn oud Boland Landbouer, Izak van der Vyver, en ons manne skud blad. Ons is van die eerste besoekers wat na die groot reën daar kom kamp, so die Buffelsrivier loop op plekke lekker diep….