Cederberge

sanddrift_01

06 Dec: Sanddrif se Wolfberg Cracks

Met die lang & nat winter wat ons die jaar gehad het, is hierdie kamp seker meer geskuif as ʼn 2 ure skaak wedstryd. Uiteindelik het al die gesinne se kalenders gesinchroniseer en met geen tekens van reën wat voorspel was nie & eksamens wat iets van die verlede is kon ons uiteindelik Sanddrif gaan besoek het, en die bekende Wolfberg Cracks gaan verken. Was 7 jaar gelede by Sanddrif en dit was lekker om weer in die Cederberge te wees. Voel of ek nog so min van die Cederberge verken…

Wekus

18 Dec: ‘n Draai deur die Weskus & Cederberge

Dit was tyd om die jaar op sy gat te stamp, maar voor ons almal in verskillende rigtings infoeter moes ʼn tradisie voortgesit word. Ons moet ín ʼn rigting skiet met min tot geen idee waar ons gaan eindig nie. Geen tente, so nee jy mag nie jou sussie se tent saam bring nie. Geen kos, ons koop soos ons reis. Verlede jaar het ons die Overberg lekker verken, maar die jaar het ons die voertuie se neuse Noord-Wes gedruk. Jacques het te hore gekom van ʼn plekkie teen die Weskus,…

Mount Ceder

22 Feb: Soutkrans se saligheid by mount ceder

Ok, so hierdie is ‘n plekkie wat ek al lankal wou gaan besoek het, maar as gevolg van hul gewildheid het my kalender nooit geklop met hul beskikbare datums nie, TOT onlangs. Die jaar het met ʼn helse “bang” begin en die kinders se skedules is net chaos, so dit was tyd dat ons 3 manne vir ʼn slag alleen ontsnap van al die geraas en weer tyd met mekaar spandeer. Ek moet eerlik wees, ek was al vele male in die Cederberge, maar die laaste paar jare het ek net…