Daai droë woestyn wêreld wat ons die Klein Karoo noem het mos sy eie bekoring en dit is in hierdie wereld waar ons die naweek gaan kuier het – Calitzdorp. Mense slaan vuis vir brandewyn en port wat van die geweste af kom en om die plekkie nog meer populer te maak is dit op die langste wynroete in die Wes-Kaap geleë naamlik R62. So wat het die Willeklonge besluit om die naweek daar te gaan maak? Dit was die dorp se Portfees wat elke twee jaar gehou word en ons het so bietjie gaan loer hoekom Calitzdorp bekend is as die Port Hoofstad van Suid-Afrika.
Net so duskant 23h00 Vrydagaand sleep Willeklong (Ruan, Oros, Chantel, Elizca, Ronel, Vicky, Riaan & Eugene) die parkeerarea van die Bosvarkie binne. Die Bosvarkie (<a href="http://www.calitzdorp.co.za/die_bosvarkie.htm" target=’_blank’ class=’commentLink’>www.calitzdorp.co.za</a>) is ‘n boskroeg / restaurant / kampeerplek waar jonk en oud nog lekker saam kan kuier. Die plekkie is net so paar km uit die dorp en met die intrap word jy hartlik verwelkom deur Mac (eienaar) en die locals. Oh Parma (Paul soos die girls by Teazers hom ken…hehehe) was al die middag daar gewees en met die intrap kon ons sien hy was al groot pals met die wingerdsap. Die boude was lam van die lang sit, maar na die eerste koue een het die joligheid begin. Vrydagaand was…ek sal maar net sê dit was ‘n LANG aand gewees en ons het soos op elke trip tonne nuwe mense ontmoet. Die paar uurtjies wat ons wel geslaap het was MA VREK koud gewees.
Saterdagoggend (met koppies wat nog raas) was ons vroeg uit die bed gewees vir ‘n vol dag se aktiwieteite. Ons het twee nuwe gaste op die trip gehad, Duvan & Louise van CTRLMedia (<a href="http://www.ctrl.co.za/mainms.htm" target=’_blank’ class=’commentLink’>www.ctrl.co.za</a>). Hierdie jong, dinamiese maatskappy het besluit om ‘n loots program te skiet vir kykNET van al ons avonture en hoe ons naweke deur Suid-Afrika travel en maggies het hulle ons nou nie besig gehou nie.
Eerste stop van die dag was die fees terrein. Met ‘n kommentator wat net NIE stop nie het ons maar besluit dat kos seker die beste ding sal wees vir ‘n koppie wat raas (wingerd sap het skade gemaak). Om dinge nog erger te maak het Parma die heeltyd soos n baba huilend rond gehol totdat hy ‘n hamburger in sy g*t het. Shit hy sal liewers 2 000 hamburgers wil wen voor hy R1 000 000 wil wen. Die maag was vol en ek en Vicky moes reg maak vir ons eerste interview van die dag – Carel Nel (eienaar en vyfde generasie van die Boplaas Kelder, (<a href="http://www.boplaas.co.za" target=’_blank’ class=’commentLink’>www.boplaas.co.za</a>).
Hierdie is nie sommer enige kelder nie en hulle is hierdie jaar as die Beste SA Port aangewys by die Shultz Challenge 2005. Na so lekker kuiertjie in die wingerd saam met Carel het hy ons elk ‘n bottel Port (die een wat die SA toekenning gekry het) gegee en is ons aan die dametjies van die proelokaal voorgestel. Met die instap het ek geweet dinge gaan skeef loop vir my. Wyn proe en alles wat daarmee te paart gaan is Vicky se game en die dat hy sommer gisteraand so woes geoffer het dat hy my ALLES sal leer van proe was seker ‘n teken dat ek my dinges gaan sien. As Vicky so vrywillig is om te help dan weet jy die bulletjie het weer iets groot aan die borrel in die pot. Wel ons is nie hier om wyn te proe nie, maar port. Die van julle wat ken sal weet dat port baie meer suiker het as wyn en die knaap kan jou van alle kante af klap. Wel ek was nie geklap nie, maar het teen 20 swaergewig boksers geveg. Kon net nooit verstaan hoekom Vicky die heeltyd uit spoeg nie en wou die knaap ‘n paar keur klap dat hy die voggies so mors.
“Henry ek het al baie Port geproe en dus ken ek die goed so dit is hoekom ek uit spoeg, maar jy moet die alles one shot afsluk en dan gaan jy die ware van die port kry…”
YEAH RIGHT!!
Na ‘n paar aanbevelings van die vriendelike dames by die kelder het ek en ou Vic maar so paar botteltjies gekoop vir daai koue dae. Hierna was dit terug feesterrein waar ons weer aangeskakel het by die res van die spannetjie. Calitzdorp kon nie vir ‘n mooier dag gevra het nie en die mense het dit met ope arms gegryp. Iets wat ek vinnig op gelet het is dat hierdie wêreld Isuzu wêreld is en dit het Parma sommer vinnig af gep*s omdat hy nerens ‘n Toyotatjie kon sien nie. Calitzdorp het nie net goeie port nie, maar die manne ry klas bakkies ook…
Na die bulletjie rugby was dit Nic Stevens se beurt om die skare op hulle voete te kry. Het die knaap nou al so paar keer live gesien en moet sê elke show is net beter as die vorige een. Na Nic en sy stappies was dit Calitzdorp Wynkelder toe waar Mej Port vir ons gewag het. Die dametjie (Lee-Ann Uys van George) was dapper genoeg om drie van ons (Vicky, Ruan en ek) se vrae te face en moet sê sy het ‘n kick-ass job daarvan gedoen. Al die manne in die George area sal moet wikkel want die dametjie is nog single.
Na ‘n lekker kuiertjie saam met Lee-Ann is dit weer terug Bosvarkie toe vir die Groot Game van die dag – SA vs. Australia.
Die plekkie was gepak gewees, maar op een of ander snaakse, onmenslike manier het elk darem ‘n spot gekry. Vir meer info oor die game kan julle gerus Heinrich se artikel (Vir die span kan ons skreeu!) in Suiper-Sport gaan lees. Oom port het sy dinge op my begin doen en ek het soos ‘n ou wingerd begin voel wat nou net kaal gesnoei is. Maar vir die res van die manne was hierdie maar net die begin gewees en oom Polisiekoffie het weer wyd en suid begin loop.
Toe ek laat middag wakker word na sou klein yltjie toe is die tier spiere nogsteeds besig en Bosvarkie het sommer lekker lewe begin kry. O hel hier kom alweer ‘n grote vanaand. Die parkeer area was gou gou gevul met bakkies en die vure het weer hoog die lug in geskiet. Met ‘n koue in die hand en lekker musiek op die speakers het ons die aand vlou gedans.
Sondagoggend was ek, Paul, Eugene, Duvan & Louise vroeg (en ek bedoel onmenslik vroeg) uit die bed om bietjie by Oom Hermanus van die Redstone Hills (<a href="http://www.redstone.co.za" target=’_blank’ class=’commentLink’>www.redstone.co.za</a>) te gaan kuier. Na so 20km buite Calitzdorp (Oudtshoorn se kant) ry ons die plaas van oom Hermanus binne. Die oggend luggie is vrek koud en met oë wat nog nie heeltemal oop is nie groet ons die omie met die grys hare. Na al die groete en verduidelikings hoekom dit so koud is by hulle is dit terug in die bakkies oppad na die koppie waar ons die beste view van die Redstone Hills gaan kry wanneer die son op kom.
By die koppie aan gekom word ons eers die grotte gewys waar die destydse Boesmans gewoon het en om die kersie op die koek te sit was daar ook ‘n paar boesmans tekeninge vir ons om na te staar. Daarna was dit om die koppie na die hoogste punt waar ons vir so +/- halfuur lekker met oom Hermanus gesit en gechat het voor die son sy gesig kom wys het. Kon nog nie die hele oggend verstaan hoekom hulle die berg Redstone Hills noem nie, maar toe die son sy ding kom wys kon ek nie glo hoe mooi die berg is nie. Voor jou staan hierdie groot berg met n rooi skynsel. Kan dit werklik moontlik wees.
Oom Hermanus het vir ons gepeper met feite en geskiedenis van die distrik en dit was ongelooflik om te sien hoeveel passie die oom het vir die berg en die natuur. Terug by die huis gekom het die tannie vir ons ‘n lekker plaas ontbyt aan mekaar geslaan. Maggies dit is mos nou hoe ‘n Willeklong se dag moet begin. Parma was gelukkiger as ‘n vark in palestinia en ons het ingelê.
Terug by die Bosvarkie het ons stadig maar seker begin reg maak vir die pad terug. Oom Mac het gou vir Ruan, Elizca en ek die Bosluis Tepel gaan wys en nee dit lyk nie so nie (nie dat iemand weet eintlik nie). Die Bosluis Tepel is so buite kuierplek so entjie van die Bosvarkie af en is vir die mense wat onder die sterre wil kuier en slaap. Het sommer die geleentheid gebruik om vir Mac so paar vraagies te skiet.
Die naweek was afgesluit deur die groot seun Oros wat vir ons ‘n bobaas volstuis potjie aan mekaar geslaan het. Met mae wat vol is en Tigger wat se g*t juk vir die lang pad terug het ons vaarwel gesê aan Mac en die Bosvarkie en die res van Calitzdorp.
Sal nooit net weer deur Calitzdorp jaag nie. Daar is so baie om te doen op die dorpie en die mense hier is net amazing. Vir almal wat die trip so bef*k gemaak het wil ons net baie dankie voor sê.
Wil darem net vir so paar mense uitsonder: oom Carel van Boplaas kelder vir sy tyd en geduld en natuurlik daai bottel voggies, Mej Port (Lee-Ann) dat sy ons vermaak het met al haar skerp antwoorde op ons vrae, oom Hermanus van Redstone Hills vir al ons vrae wat oom so mooi deeglik beantwoord het sy vrou vir haar gasvryheid en een stunning breakfast en laastens maar nie die minste nie vir ou Mac en sy familie van die Bosvarkie vir sy gasvryheid en die lekker stories.
Wil ook dankie sê vir Duvan en Louise van CTRLMedia wat die naweek nog meer interessant gemaak het en ja dan een Willeklong dankie (en hierdie is nou die laaste een) aan Calitzdorp en sy wonderlike mense dat ons so lekker in julle dorpie kon gekuier het.
Calitzdorp jy mag maar die Port Hoofstad van Suid-Afrika wees jou lekka ding!!