Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Roctober fees

Met die wete dat ons verlede jaar hierdie fees net-net lewendig gemaak het skiet Tigger met ‘n vol vrag Willeklonge (Ronel, Ruan, Parma, Vicky & ek) Ladismith laat Vrydagaand binne. Die 3 ure op die pad het maar gou gegaan en voor ons, ons kon kry stop ons voor die bekende Royal Hotel om die res van die ouens (Duvan, Wally & Lious van CTRLMedia) te kry.

Oom Christo (eienaar van die hotel) het ons bakkies van verlede jaar onthou en die oom het maar net kop geskud en begin lag toe hy ons gesien het. Daai oom en sy damn hotel het ons laas gebreek onthou ek nog so goed. Na so paar vinnige knertsies is dit reguit Kicks Backpackers toe waar tente gou vinnig op geslaan is. Flippie het ons ook nou al gejoin het ons was nou ‘n lekker fris spannetjie.

Hierdie jaar het die ouens van Kicks die hele set-up so bietjie verander. Waar die stage verlede jaar doer onder in ‘n kloof was het hulle alles die keer relatief naby die main gebou gehad. Soos altyd het hulle ons met ope arms verwelkom en dit is bef*k as jy op ‘n ander dorp kom en die mense hanteer jou of jy een van die locals is.

Het die twee reps van Bavaria en Jamason (Marco) raak geloop in die biertent en dinge het net begin lelik raak. Waarskuwings ligte het begin aan gaan en alle tekens was daar dat die seuns groot wil gaan, maar ons is mos dapper en stupid en kan mos ons man staan. Vicky het Tequila shots gevat asof hy die goed se baas was en ek het soos ‘n bang weeskind eenkant gestaan en gebid dat hierdie vreeslose worries nie my beet kry nie.

Hierdie was ons eerste egte kuier saam met ou Flippie en moet sê die knaap is nou vir jou ‘n groot bok vir sport. Ruan was amper verkrag die eerste aand sonder dat hy daarvan geweet het en dit was nou vir jou ‘n snaakse aangesig om te sien. So duskant 24h00 het ons maar halt geroep en besluit om die tente te bekruip want Saterdag is ‘n grote en ons moet vars probeer lyk.

05h45 en ek kan Paul se marteling net nie meer hou nie. As hy nie die damn tent skeef snork nie dan knerts die ding op sy tande asof hy ‘n diamand myn is. Geen mens kan deur soveel pyn gaan nie. Hier moet ek uit. Kort na my is dit Vicky wat ook dit nie meer kan uit hou nie.

“Hey waar gaan julle drolle so vroeg in die oggend? Moet ons nou al opstaan?” kom daai snork masjien se stem deur die tent.

Ag hel nou is die ding wakker ook. 06h15 en almal is op en uit die tent. Liewe hel hierdie is seker ‘n damn rekord vir Willeklong. Die oggend was vars en die die sonnetjie het so begin sy koppie uit steek oor die kop. Die ouens het soos zombies gelyk want niemand het kopseer gehad nie en vir die eerste keer in ‘n langtyd het almal goed gelyk op ‘n Saterdagoggend.

Hierdie naweek was nie net alles van loskop en mal gaan nie, maar ons moes ook so bietjie werk doen. Was ook die naweek wat ons saam met die ouens van CTRLMedia (<a href="http://www.ctrl.co.za/mainms.htm" target=’_blank’ class=’commentLink’>www.ctrl.co.za</a>) ‘n loots program moes skiet. Wil nou nie so baie daaroor praat nie, maar sal julle op hoogte hou wat gaan gebeur. Dis was ons hele Saterdag vol beplan.

Eerste stop was so 30km buite Ladismith waar ons Flippie af gesê het wat deel geneem het aan die mountain bike kompetisie. Ons kon nie vir beter weer gevra het nie en ou Flip dog het toe op die einde nie so sleg gedoen nie.

Next stop was by die bekende Royal Hotel waar ons ‘n interview met oom Christo Libenberg (eienaar) gehad het. Die bulle kon nie groot gaan nie en na ‘n paar koues het ons aangeskuif na die skoolvelde om so paar shots daar te kry. Dit was nou al so duskant 12h00 en die dorp het woes begin lewe kry.

Terug by Kicks het dinge lekker gegaan. Die voggies het geloop en die bands was stunning. Die son het gebak en die vroeg opstaanery het begin lelik praat met my. Net so voor ek dink ons gaan nou vir so uurtjie g*tte rus kom die nuus dat die paintball span hier is en dat ons moet begin reg maak want daar is nie baie tyd nie, want daarna is dit ons interview met Stanley de Wit.

Ok die van julle wat die karoo ken sal weet daar is net twee goed – baie klippe en tonne doring bome.

“Ok julle hier is julle baan waar julle gaan speel. Onthou as jy nader as 5 m van jou pal is moet jy hom die keuse gee of hy wil oorgee of jy hom kan skiet”

Whahahahaha….hierdie tier ken nog nie hierdie mal bliksems nie. Die baan was ‘n vlakte met ‘n paar doring bome in die middel en ek het begin droom van sagte grond en groot skuilings. As jy hier duik gaan jy jouself dalk net verby moer toe duik.

Met die vluitjie wat blaas breek alle hel los en alle reels gaan die agter deur uit. Doring bome word sagte farings soos die ouens daar deur gaan en klippe sagte kussings soos daar geduik word. Van kop skote tot privaat skote en of dit nou halwe meter van die persoon af is of 10 meter bullets gaan hy kry.

Na die game blaas die asems woes en ons lyk maar sleg. Ons net ‘n halfuur om reg te maak vir ons interview met oom Stanley. By oom Stanley het die liggame en asems nog woes geblaas, maar toe die oom eers met sy stories begin toe word daar aandagtig geluister. (Julle kan die artikel oor oom Stanley de Wit in die Wille Interview artikel groep lees).

Volgende was dit die interview met DNA Strings en dit was nogals funny om Flippie die keer aan die antwoord kant te sien. Die knape mag dalk stil voorkom as jy hulle van ver af sien, maar moet nie laat dit jou nie af sit nie. Later die aand voor hulle show het ons saam met hulle so paar knertsies gevat en dit is altyd amasing om te sien hoe humble SA kunstenaars is.

Terug by Kicks het dinge volstoom aangegaan. Die line-up van bands was goed en daar was so bietjie van als. Met Wessel wat agter die bar gewerk het het gevaar tekens sy kop begin uit steek. Die klein k*k is stouter as die hel en mens moet die heeltyd vir hom dophou.

Savana was weer die groot sponsor en hulle het hampers weg gegee of dit uit die mode is. Of jy nou 2 of 34239489203 Savanas drink iets gaan jy kry. Die grootste fout wat die knape wel gemaak het was om sulke stress balles weg te gee. Ag liewe hel dit het net paniek veroorsaak en om in ‘n stress ball fight in te stap was niks snaaks nie.
Die twee main bands van die aand was DNA Strings (<a href="http://www.dnastrings.com" target=’_blank’ class=’commentLink’>www.dnastrings.com</a>) en Bed On Bricks (<a href="http://www.bedonbricks.co.za" target=’_blank’ class=’commentLink’>www.bedonbricks.co.za</a>) en het geen bekendstelling nodig nie. Dit het nie lank gevat om te sien hoekom hulle van SA se top bands beskou word nie.

Hoe later hoe kwater. Die res hoef ek nie vir julle te verduidelik nie, want ieder en elk weet hoe dit gaan op ‘n lekker festival. Parma, Ronel & Wally het tot die vroeer oggend ure deur getrek en het maar sleg gelyk die volgende oggend.

Sondagoggend was ek en Vic weer vroeg op en is deur na die Sewewekepoort. Terug by die tente was daar gou breakfast aan mekaar geskop en almal het hulle wonde gelek. Die keer is daar met helse kopsere wakker geword en soos altyd het die hoekom vrae ons oorval.

Sondag was maar die hele dag in die karoo dorpie spandeer voor ons die trip terug Kaap toe aan gepak het. Die musiek was nog in ons ore en so ook daai Bavaria smaak. Die naweek het sy tol geeis en die stil siele agter in Tigger is ‘n bewys daarvan.

‘n Huge dankie van al die Willeklonge vir Wessel, Amerika en die res van hulle familie van Kicks vir ‘n stunning naweek en hulle gasvreiheid.

Leave a comment