
Met die dat een van ons maatskappy se grootste tegnologie verskaffers in Nashville USA is, was dit noodsaaklik dat na 5 jaar van besigheid doen met hulle dat ons (ek en my vennoot, Hermanus) op ʼn vliegtuig spring en gaan blad skud met die manne en sommer ook ʼn paar koues saam geniet.
Terwyl ons na vlugte vir my kyk gekyk het (Hermanus sou reeds in die USA wees tydens ʼn roadtrip saam met sy broers, so sy vlugte was reeds gedek gewees), het dit duidelik geword ʼn stop in die UK gaan definitief die goedkoper opsie wees op pad USA toe.
As ek in die UK gaan stop maak dit sin dat ek ʼn paar dae langer bly en sommer ons suster maatskappy & ander tegnologie verskaffers besoek. Alhoewel dit my tweede keer in die UK is en almal jou altyd vertel dat dinge daar werk (en dit doen) is dit definitief die laaste plek op aarde waar ek sal wil woon. Elke keer as ek daar is dan dink ek terug aan die jare toe die 2 jaar werksvisa’s nog so populêr was en of ek dit sou gemaak het om in daardie land te bly vir 2 jaar.
4 dae was lank genoeg vir my. Die nodige besigheid was gedoen en het die geleentheid gekry om saam met ʼn ou lugmag vriend, Dewald Hendriks, en sy familie te kuier in Thame.
Van Londen sou ek Chicago toe vlieg vir 2 aande waar Hermanus dan sou aansluit die laaste aand. Die eerste dag/aand maar ʼn tipiese toerits gewees en die strate en sightseeing’s verken via die Red Bus Tours, maar toe Hermanus land toe word die keel skielik droog en ons besluit om moet gaan uitvind hoekom die Blues so populêr is in Chicago.
Geluk was weereens aan ons kant, want een van die beste Blues restaurant/bar’s (Buddy Guy’s Legends) was net om die draai van ons hotel (Congress Hotel). Definitief ʼn plek om te besoek as jy in Chicago is.
Volgende dag was ons weer op ʼn vliegtuig, die keer na ons verskaffer in Nashville vir 2 dae. Na ʼn produktiewe dag saam met ons verskaffers het ons vir ʼn paar koue biere by een van hul gewilde watergate gegaan voor ons totsiens gesê het vanwaar ek en Hermanus die bekende Broadway “strip” met sy tonne country restaurante & bar’s gaan besoek het.
Met die dat ek ʼn groot liefde vir Country musiek het, was hierdie definitief die hoogtepunt van die reis gewees. Sover soos die oog kan sien is dit net restaurante & bar’s almal met live Country musiek.
Ongelukkig het ons geluk gedraai op ons, want ons vlug die volgende middag New York toe was gekanselleer as gevolg van swak weer in NY. Ons besluit toe om maar nog ʼn aand in Nashville (naby die lughawe) te bly. Hermanus bespreek aanlyn ʼn kamer vir ons en mens toe ons daar kom, wat aan die gatkant van die wêreld was, was dit ʼn avontuur op sy eie. Een van daai plekkies wat seker 24/7 deur die FBI gemonitor word…haha. Om alles te kroon vergeet Hermanus sy beursie in die Uber voertuig so dit was toe nog ook ʼn storie om die beursie te kry haha.
Volgende oggend, en almal lewe nog, en ons is op die vliegtuig NY toe via Washington. Uiteindelik in NY en net soos ons op die bus klim om ons na die naaste underground te neem maak die hemels bo ons oop en dit voel of ons in ʼn reën storm in ry.
Soos almal weet is NY ʼn stad wat nooi slaap nie. Ons beplande 3 aande besoek was verkort na 2 aande so ons het soveel probeer sien as wat ons kan in die beperkte tyd. Soos Chicago is die beste manier om ʼn stad te verken deur gebruik te maak van die Red Bus Tours.
Die 9/11 Memorial was definitief die hoogtepunt vir my en as mens na die nuwe Freedom Tower kyk (wat presies dieselfde hoogte was van die vorige 2 Towers) is dit amper onmoontlik om te dink hoe dit moes gewees het toe daai twee geboue in eengestort het.
Van NY het ons die trein Washington toe geneem waar ons 2 aande sou bly. In vergelyking met NY is dit definitief ʼn mooier en rustiger stad. Besoeke aan die White House, Washington Monument & Lincoln Memorial was definitief hoogtepunte gewees. Ongelukkig het ons beperkte tyd gehad so sal definitief terug Washington toe wil gaan om verder te gaan verken.
Van Washington was dit terug Kaap toe via Londen.
Moet bieg die US het my verbaas en definitief ʼn land wat ek graag weer sou wil besoek. Lekker getravel saam met my vennoot en goeie vriend Hermanus.
Kliek hier vir meer foto’s.