Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Clikit Media spanbou @ Karoo Art Hotel

Karoo Art Hotel

Lankal geweet ek en die korporatiewe monster gaan nie om dieselfde tafel kan sit nie. Ek is net nie aanmekaar gesit daarvoor nie.

Waarvoor ek wel gemaak is, en wat veroorsaak dat ek elke oggend wil werk toe kom, is om saam met ʼn dinamiese groep mense te werk wat dieselfde werksetiek as ek het.

Ons almal het dieselfde uitkyk. Ons kliente kom eerste. Ons streef daarna om sover moontlik ons kliente te akkommodeer en oor die jare het ons baie hegte bande gebind met verskeie van hulle. Soos die gesegde lui: “they are part of the furniture”

Een so klient is Theo Nel, eienaar van die Karoo Art Hotel te Barrydale. ʼn Kliënt wat al sedert 2012 saam met Clikit Media die pad stap en oor die jare het ons geassiteer met sy daaglikse e-pos bemarking en onlangs sy nuwe digitale korporatiewe identiteit.

Stunning old lady

Met die dat ons jaarlikse spanbou sessie om die draai was, het ons besluit ʼn naweek uitstappie na die Klein Karoo (Barrydale) is net wat die span nodig het om weer opgevuur te word vir die res van die jaar.

En wat ʼn ongelooflike naweek was dit nie. Sommer met die intrap Vrydagaand by die Karoo Art Hotel was ons met ope arms ontvang. Hierdie is nie sommer enige “hiertjy” plattelandse hotel nie. Die detail & dekor was onvoortreflik en iets om te beleef. ʼn Meer kleurvolle hotel sal jy nie sommer in die Karoo kry nie…write that down. Die gemaklike atmosfeer, gasvryheid en diens van die bestuurder en sy personeel het ons baie tuis gevoel. Dit was vir my opmerklik om te sien hoe elkeen van ons ‘n ander aspek van die ervaring waardeer of uitgelig het – ‘n duidelike aanduiding dat daar vir uiteenlopende belangstellings voorsiening gemaak word en die hotel dus breë aanklank sal geniet.

16

Met die dat nie een van my span al ooit Ronnies Sex Shop of Warmwaterberg besoek het nie, was dit ʼn moet dat ons daar ʼn draai moes maak…. Die weer het in ons guns getel en na ʼn paar koue drankies by Ronnies het ons Warmwaterberg se warm baddens terdeë geniet.

Terug in Barrydale was middagete geniet by Clarke Of The Karoo restaurant voor ons terugkeer na die hotel toe. Later die middag het die misreën neer gesak oor die dorp en die cozy atmosfeer van die kaggels wat brand in die restaurant, kroeg & sitkamer was net wat die dokter georder het.

19

Sondagoggend en dit was weer tyd om op die R62 te kom terug Kaap toe.

Die Karoo Art Hotel is definitief iets wat jy op jou “TO DO” lysie moet sit…jy sal nie teleurgesteld wees nie. Marli karring al klaar oor wanneer ek haar neem, eish.

Baie bevoorreg om saam met great mense hier by Clikit Media te werk. Dankie vir ʼn great naweek.

Kliek hier vir meer foto’s.

Comments (3)

Ons elkeen het die uitstappie verskiklik baie geniet. Dankie daarvoor. Dit was my eerste besoek aan die dorpie, en die natuurskoon rondom Barrydale en die hotel se huislike atmosfeer plaas jou net in ‘n kalmerende vakansie bui.

Ons kan dit defnitief gou weer doen. En ek is seker Barrydale sien my gou weer.

BAIE trots om deel te wees van die Clikit familie!

[…] ek die Karoo Art Hotel die 1st keer tydens ʼn spanbou geleentheid besoek het, wou ek Marli daarheen […]

Leave a comment