Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Soutie & Marisa se troue

soutie_troue

Die troue het al begin met ’n #GoeieGoederGenade verlowings partytjie (so paar maande terug) wat almal van hul voete afgeslaan het, so hierdie gaan ’n naweek wees om te onthou…

Ons (Paul, Marina, Marli en die uwe) het Vrydag laatmiddag by De Hoop Natuurreservaat aangekom met Christo & Karel-hulle kort op ons gatte. Sakke by die rondawels neer gefoeter en reguit na die restaurant area waar al die naweek gaste reeds gees begin bou het.

Was een van daai weke wat net nie wou eindig nie so ek het hierdie diepe lus in my gehad om goed te “vat”. Nie omdat ek kan nie, maar omdat ek wou. Groot verskil tussen kan en wou is as jy my Saterdagoggend gesien het, sal jy die verskil verstaan.

Vrydagaand tick…moer toe…

Saterdagoggend en SWAMBO (vroulief of Sy Wat Altyd Met Besem Opstyg) lyk soos ’n karakter van een of ander scary movies, eish. Die oggend / middag was maar rustig om die rondawels spandeer. Party het gaan rondry en die plek verken, maar Vrydagaand het beide ek en SWAMBO grond toe gevat en ons moet reg wees vir die actual main event…go big or lets go home.

Laatmiddag en die gesiggies word skoongemaak en die fancy klere word aangetrek. Ou Boerbok (die hele een) en Gis het ook intussen opgedaag en dit was lekker om die “hele” knaap weer te sien en bliksem wat ’n groot gedeelte is hy nie deesdae nie…hahaha.

Die diens was onder hierdie massiewe boom gehou (nie eers naastenby ’n idee watse soort boom dit is nie), maar al wat ek weet is dat ou Brill die vorige aand daaruit gefoeter het omrede niemand vir hom gesê het om vas te hou nie…hoekom verbaas dit my nie?

Nou as ou Soutie iets doen, doen hy dit deeglik, maar nie saak hoe mal die idee is nie. As hy van ’n dak wil afval moet die val asemrowend wees, anders drink hy nog ’n paar biere en probeer weer. Dus was sy en sy “groomsman” se entrance glad nie ’n verrassing nie en om eerlik te wees, dit het so goed by hom gepas…10/10 ou Soutman.

Marisa en haar “bridesmaids” was WOW…sprokies mooi. SWAMBO kon nie meer hou nie en make-up en al daai goed was moer-toe toe die trane eers kom…aaai breker.

Pre-drinks & snacks was op ’n koppie geleë wat uit kyk oor die rivier met awesome views. Die onthaal was in ’n markies tent met die dansbaan gedeeltelik onder die tent en die ander onder die boom (checkered board look).

Na al die formaliteite (nice speech daar Ricky en dit nogals in Soutie taal) het die kuier afgeskop.

Wat hierdie troue meer spesiaal gemaak het, was dat daar 3 spesiale mense was en nie 2 soos by normale troues nie. Die 3de persoon moes letterlik in ’n spesiale skool gewees het, want na hierdie kuier weet ek nie of iemand weer ons vriendekring gaan nooi nie.

Theunis aka Boerbok aka 3de spesiale persoon was soos ’n bosbok op hitte en einde was daar nie. Hahaha. Al probeer ek hoe hard sal ek nie eers naasteby kan beskryf hoe hy op sy stukke was nie. Was soos die Boerbok van ouds – legendaries, al 160kg van hom…haha.

Ok kom ons hoop Google Translate drop my nie: “Che ragazzi da sposa belli e potrebbero avere un impressionante avventure insieme!”

Kliek hier vir meer foto’s.

Leave a comment