Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Familie tyd by Stonehill River Lodge

Stonehill Lodge

Een van die grootste probleme in vandag se gejaag is om tyd te maak vir familie. En ek praat nie van jou kinders en wederhelftes nie, maar jou groter familie: broers, susters, nefies, niggies, oumas, oupas en dan, as jy baie bevoorreg, is oupa- en oumagrootjies.  

Nou ek sal bieg – ek was een van daai mense wat altyd die standaard verskoning van “ek is net te besig” gebruik het en as jy jou oë uitvee dan sien jy van hierdie individue dalk 1 of 2 keer ʼn jaar. Ja, as hul ver van jou bly dan is dit nie maklik nie, maar ek het ook onlangs besef dit is ook maar net ʼn flou verskoning:as jy die moeite sal doen om tyd met jou familie te spandeer dan is afstand nie ʼn probleem nie.

Met die dat my sussie, Adri, en haar seuntjie, Stiaan, in Port Elizabeth bly het ons mekaar nie gereeld gesien nie. Ja ons praat oor die foon, maar na ons ouers se afsterwe het ons mekaar een, dalk 2 keer, as ons gelukkig is, ʼn jaar gesien. Maar onlangs het my suster (hardegat soos 10 Jack Russells en vat net nie nonsens nie) besluit genoeg is genoeg en het sy sommer twee vinnige vakansies vir ons almal saam gereël.

Holiday @ Stonehill River Lodge

Vroeër die jaar het ons saam met hulle 2 gaan kuier by Brenton On Sea en wat ʼn belewenis om net weer te kan connect!

Twee maande later en ons is weer terug by mekaar, die keer by Stonehill River Lodge naby Swellendam. Die keer word ons vergesel deur ons niggies, Elsabe (van Velddrift) & Ecila (van Montagu).

Holiday @ Stonehill River Lodge
Stiaan, Lian & Jean

Soos enige vakansie was die dae propvol en druk besig en ek moet bieg: my suster is nie die soort wat sit en vakansie hou nie. Nee pappie, elke dag is daar aktiwiteite en ek besef net weereens ek self is ook nie die soort wat sit en vakansie hou nie. Ek self moet aan die beweeg bly, so dit was lekker toe Adri beheer neem (soos susters mos maar altyd doen J) en die dae volmaak met goed om te doen.

Holiday @ Stonehill River Lodge
Rustig op die water

Twee aktiwiteite wat regtig spesiaal was vir almal was die river rafting en archery (wat ʼn eerste vir my was). Seuns het dit gate uit geniet.

Kliek hier vir ʼn foto’s en video’s van ons kuier by Stonehill.

Leave a comment