Sondagoggend 06h30 en ek word wakker met een ma moerse hangover. Wat de hel het gisteraand gebeur…en hoe de donder het ek in die bed gekom…hoekom knor my een Jack Russel dan nou vir my…is dit dan nou hoe die Hel voel?
Ek moet hierdie lyf “4×4 ready” kry anders gaan ek vrek. Ruk die yskas met angs oe oop en vergryp my aan ’n blikkie groen goud (Cream soda). Eerste sluk slaan my soos ’n Jack Hamer en in ’n splitsekonde flits gisteraand se memories van tonne Cream soda en cane deur my gedagte. Super kak idea en raak ontslae van die useless groen goed.
Te laat – ek gaan nie beter word nie – ek gaan by die dood omdraai – ek weet dit – fok!
Kry die res van die konvooi (Landover’s, Landover’s, Landover’s, Landover’s en nog meer Landover’s…gee tog krag) by die laaste garage voor ons Sir Lowry’s Pass aanpak Caledon toe.
Voorhoede is +/- 5km Oos van Caledon op die N2 en ongeveer 120km van die Kaap.
Parma en nog 2 Isuzu’s wag ons in by Voorhoede. Spannetjie het nou verdubbel: 4 x Isuzu’s, 4 x Landover’s & 1 x Toyota.
Almal is jukkerig om in die pad te val en te kyk wat hierdie roete ons kan bied – ek op die anderkant is in ’n tweestryd met die verdomde klop-klop in my kop.
Die eerste 6 km neem jou deur dongas en modder gate aan die voet van die berg wat darem die hart so bietjie laat boef-boef, maar nou nie so dat jy ’n briefie vir jou ma moet skryf nie.
Die 9km sirkel roete is “effe” meer uitdaging as jou voertuig se pens op die grond sleep soos myne, maar as jy ground clearance het, is daar nie ’n rede dat jy moet sukkel nie. Low range & diff is maar ’n moet, anders kan jy die escape roetes gebruik as jy nie veel knoppies in jou voertuig wil druk nie.
Die views van bo die berg is ongelooflik. Lanklaas ’n view so mooi gesien. Vir ’n oomblik (nie ’n lank oomblik nie) het ek van my kopseer vergeet…
Af is eenvoudig en voor jy jou oë uitvee is jy by die plaashek.
Moet my seker nou soos volwasse mens hanteer en dankie sê vir Jan vir al die reëlings en Werner vir die professionele foto’s.