Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Marnus se bachelors

Nog ’n legende gaan binnekort sy gat sien en bliksem wat ’n groot legende is hy nie.

Het Marnus leer ken so deur ’n paar vriende, maar die ware yster het sy merk gewys op die verskeie Willeklong trips wat ons saam gehardloop het.

Eerste trip wat ons saam gedoen het, was na Knysna se Oesterfees – dink 99% van die ouens wat op daai trip was, is gelukkig om lewendig daaruit te kom. Chaos is regtig ’n sagte woord om die naweek te beskryf….as jy Manus ken vra hom bietjie hoekom noem die kêrels hom Scareface…whahahah…

Maar terug by die onderwerp van my artikel – sy bachelors.

Die avontuur het al Vrydagaand by Uijlenes (naby Gansbaai) begin. Ek kon ongelukkig eers die Saterdagoggend die boys join omrede my ouers die Vrydagmiddag ingevlieg het van Oos-Londen vir Jean se doop die volgende Sondag.

Die weer was maar misluk en die reën wolke het heelpad gedreig op pad Gansbaai toe…by Uijlenes kon ek die skade van Vrydagaand sien…party kêrels het hulle A-game uitgehaal al die Vrydagaand en daar is nie meer ’n ander game plan vir die res van die dag nie…whaha.

Nou soos in al my vorige artikels oor bachelor parties is dit ’n onderwerp waaroor ’n mens nie in detail moet uitbrei nie, dus gaan hierdie artikel na sy einde toe beweeg.

Ek dink die aangehegte foto verduidelik alles….whahaha.

Marnus my maat, daai Sondag was die langste dag in my lewe, maar elke oomblik van “byna dood gaan” was die moeite werd.

Volgende – Mnr Paal (Parma) Laas en vir daai wetter wag ek nou al 2 ½ jaar dat sy bachelors kom.

Leave a comment