19th Ave New York, NY 95822, USA

Up-The-Creek fees

Sjoe die een gaan bietjie tuff wees. Nou hoe so? Wel hoe beskryf ‘n mens een van die grootste rock festivals in ons land? Hoe beskryf ‘n mens AL daai goeie tye saam met ou en nuwe pals? Hoe (en die is VREK belangrik) beskryf ‘n mens die pyn waarin my liggaam nou is?

Natuurlik praat ek van die Up The Creek Festival by Swellendam. Sjoe ek sit hier met my laptop op my skouers in silly JHB en wonder wat ek kan se oor so ‘n stunning fees. Wel die begin is seker maar die beste dink ek!

Ons was 6 Willeklonge (Oros, Ron, Vicky, Liz, Evan & Henry) wat met een doel gekom het en dit was om so hard as moontlik te kuier en memories te bou wat nooit OOIT vergete sal word nie. Om saam met van die grootste rock bands te kuier en om soveel as moontlik nuwe gesiggies te ontmoet. Nadat die tente die grond getref het was dit reguit na die centre waar die aksie was. Nou vir die van julle wat nog nie by so n festival was nie laat ek gou ‘n klein prentjie skep. Daar is altyd n bar wat tog die lekkerste voggies verkoop, altyd n kos- tent met die beste disse en altyd ‘n stage waar van ons land se beste bands die plek aan die brand gespeel het.

Een so band, Fokofpolisiekar, het daai hele bleddy platteland aan hulle voete gehad met een van hulle beste live performances ooit. Francois en sy crew het gewys hoekom hulle nog ‘n lang pad gaan stap in Suid Africa. Na hulle show is daar beplan om ‘n reccy te gaan gooi op die Bree rivier. Nou ek was al op ‘n paar groot en harde feeste gewees, maar het nog NOOIT, NOOIT op een van hulle 6 poedel kaal meisies gesien die eerste aand nie. Wel dit het nie hier ook gebeur nie, maar ons kleine Liz het op haar eerste fees 6 poedel kaal bulletjies tee gekom. Nee nee dit was nou nie ons nie. Net voor ons die water wou betree het, het die bulletjies met trotse, KOUE houding hulle tevoorskyn gemaak uit die water. Ons ouens het net DAAR en dan ons lus vir die water verloor. Liz…uhmmm….wel wat deur haar koppie moes gegaan het wil ek nou nie einlik weet nie, maar ek dink girls is maar nes ouens ook…hehehe.

Saterdag oggend het die groot seun, Oros, ons beet gekry soos in die verlede. Na die tweede Stroh rum het ek geweet dit gaan n lang, LANG dag wees. Ek was in pyn en al wat ek wou doen is net verdwyn van die aarde. Maar na breakfast in die dorp het ons weer soos ‘n nuwe span gewikkel. Die shows het weer begin rock en vir ‘n slag was ons ouens getreat deur ‘n girltjie wat haar bates vir die hele crowd ten toon gestel het. Wel dit was nou nie 6 gewees nie, maar ons mag seker nie kla nie. Dit was nog nie eers 12h00 nie en die ouens het die lang steel woes begin in le. Gaan ons dit maak, of…ag wie gee nou om. Ons het ‘n stunning tyd en pyne sal ons maar later vat soos manne.

Later die middag het ons dit ‘n level hoer gevat en toe kom ons GROOT drinking game (Courage) te voorskyn. Oros en Ron het soos dapper helde gekuier en ek het maar net probeer byhou. Na nog ‘n Stroh rumpie het ons begin reg maak vir die laaste stretch by die stage. Almal het strain gevat, maar nie een was bereid om die laaste aand te mis nie. Al moet ons val sal ons seker maar weer saam hard val. Maar die een gaan ons deur trek en alles gee wat ons kan.

Een van my groot legends, Valiant Swart, het soos altyd gewys hoekom hy een van Matieland se groot held is. Het n klomp musiekante raak geloop en dit is amazing hoe die ouens tyd maak om ‘n paar woorde te wissel oor ditjies en datjies. Soos Liz was dit ook Evan se eerste Willeklong trip en soos die bulletjie aangaan sal hy binnekort een van die groot legends van feeste en paniek saai wees.

Up The Creek Festival is wraggies ‘n moet. Alles is daar wat jy soek op fees. Lekker kos, baie voggies, oulike goedjies wat rond loop, baie kampplek, lekker swemplek en STUNNING bands. ‘n GROOT kompliment moet gaan aan Savanna wat dit alles die moeite werd gemaak het. Dit het gerock en die fees sal defnitief op die Willeklong kalender bly. Hoop ons sien julle almal daar volgende jaar.

Aan al die Willeklonge wat daar was wil ek baie dankie se vir ‘n stunning fees. My liggaam skreeu nogsteeds van al die pyn, maar hy sal daaroor kom.

Leave a comment