Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Vlakvarkgat boskroeg

So baie mense het al vertel van die hotel in Paternoster, en hoe lekker hulle al daar gekuier het, dat ek en Vicky besluit het dat Willeklong sy koppie daar moet gaan wys. Die plan van aksie was maklik: dit gaan nie ‘n rowwe trip wees nie en ons gaan net lekker mingle saam met die locals; saam met hulle lekker koffie en tee drink, en net chat oor ditjies en datjies. Alles het goed gegaan totdat DIT ons getref het. Daai DIT, my klein mensies, is die Vlakvarkgat Boskroeg.

Op pad Paternoster toe, net so na die Langebaan afdraai, loer daar ‘n bordjie vir ons – Boskroeg. Hoe kan ‘n mens so ietsie nou misry, reken Vicky. “Henry, ons kyk net hoe lyk dit en drink een dop en dan gaan ons”, was Vicky se famous woorde. Toe ons die plek instap, toe weet ek ons het nou ‘n lat vir ons eie gat gepluk. Die locals het ons soos Springbok rugbyhelde verwelkom en met voggies wat só goedkoop was, het ons maar vir nog so ‘n kleine knertsie gebly… en nog een… en nog een… en …waar is my ma?

Eric, die eienaar van Vlakvarkgat Boskroeg, het ons gou-gou deur die hele plek gevat en elk ‘n Boskroeg T-shirt in die hand gestop. Mensies, dié plek is waar die Weskuslewe is. Met ‘n vark, slang, ganse, ‘n mal Vicky en locals wat mense-mense is, is hierdie waarlik ‘n plek vir ieder en elk. Jip, julle het reg gelees, daar is ‘n slang (1 ½ m lank) ook gewees en dié se naam is Piesang. Juan die barman loop met die ding om sy nek en bedien mense asof Piesang nie eers daar is nie. Nou hierdie seun raak nie gou bang nie, maar toe ou Vicky langs my kom sit het met die ding om sy nek toe begin ek al bid vir mense wat ek nie eers ken nie. Dit is n funny feeling, want as jy ‘n sluk van jou dop wil vat dan is ou Piesang op jou dop en mens weet nou nie hoe erg hy ook oor sy voggies is nie. So dan bestel jy maar nog ene net om veilig te wees. Later staan die hele bar vol halwe brandewyne en coke, ‘n slang wat heel befok lyk en ‘n Henry en Vicky wie se gatte stadig maar seker begin stamp.

Na ‘n groot, harde sessie het ons vriendin, Elizca, ons gejoin en ons was terug by ons oorspronklike plan. Die Paternoster Hotel is ‘n legendariese plek. Met boodskappies op al die mure, kan jy die Weskusgevoel voel sodra jy instap. Met Afrikaans op die lippe en voggies in die hande het dit soos huis gevoel. Na ‘n paar doppe het die liggame begin skreeu vir kos. ‘n Tante het aangebied dat sy ons na ‘n lekker plekkie toe sal vat waar die kos glo stunning is. OK, nou raak ons groepie groter. Ons het begin met 2, en nou is ons al 6. Die plekkie sit so op die strand en met nuwe stunning geselskap het DIE ook soos huis gevoel. Ons Weskus ma het rondte op rondte gekoop en daar was net nie einde nie. Na nog ‘n klein harder sessie word daar sommer vinnig besluit dat almal nou terug Boskroeg toe moet gaan. Ek wou keer en het gewaarsku dat daai plek te lekker is, maar niemand wou luister nie. So as jy nie wil hoor nie dan gaan jy maar voel. Ek en ou Vicky voel nog steeds. Kan julle dan nie die pyn in onse ogies sien nie…

Juan (barman) se pals van die Kaap het ook intussen opgedaag en was lus vir paniek saai. Aaai, mensies, kan ons maar nie net liewer ‘n koffietjie kry nie. Ons het so lekker gekuier in Paternoster dat ons nog steeds nie geëet het nie. Eric het ‘n vuur aanmekaar geslaan en Vicky het begin voggies aandra. Met Koos Kombuis oor die speakers het ek soos ‘n ware Weskusser gevoel. Ek kort net ‘n ou Land Rover. Het so baie mense ontmoet dat my kop nog steeds zing (nee, dit is nie van die Klippies nie), maar soos ou Vicky mos altyd sê – mens mag nie kla met die witbrood onder die arm nie. Weskus mense is óns tipe mense.

Hey, maar ek is nog nie klaar nie. “But wait, there’s more!” (Ek haat daai k__ op TV.) Ek en Vicky het begin houe vat en Eric glo nie daaraan om singles te gooi nie. Selfs toe ons vir hom sê dat ons pennies op is, het hy ook nie gestop nie. Toe is dit sommer voggies op die huis. Shit, die ouens gaan ons vrek kuier vanaand. Dalk moet ek my ouers bel en vaarwel sê. Toe ek gesê het ek kuier vir Volk en Vaderland, het ek nou nie gedog ons gaan dit regtig doen nie. Soos ek altyd sê, is Willeklong diensplig nie maklik nie. Ek en Vicky het nie verniet ons pakkie aangetrek nie, en het begin hard vat saam met die manne. Die groot Weskus stories het begin uitkom en elke man daar het al ‘n vis gevang wat groter as hy is. Shit al visvang wat ek van weet is dié op Discovery Channel.

Tafels is weggeskuif en die skoffelsport het begin. Die knieë was al lekker los, so dit het darem nie gesukkel om so paar draaie te gooi met die oulike goedjies nie. “WILLEKLONGE, die Beach Pub roep julle!” skreeu ou Juan vir ons. WAT?!?!?! Hierdie begin nou n nagmerrie raak vir ons. Hulle gaan ons wraggies doodkuier vanaand. Ek sien dit nou al: “Dames en here, hier lê twee jong mans wat hulle lewe gegee het vir kuier. Kom ons bid vir hulle.”

Die Beach Pub is net so langs Club Mykonos en is wraggies op die strand. Voggies was so effens duurder as wat ons aan gewoond is en na so paar singles is die vrag karre terug Boskroeg toe. Het begin met 2 (ek & Vicky) en nou is ons al 3 vol karre. Toe ou Eric ons weer sien, toe lag hy maar net. Die res van die aand was …..

Groot dank aan Eric en Juan van die Vlakvarkgat Boskroeg vir julle gasvryheid en vriendskap. Juan, dankie dat ons in jou plekkie kon crash. Eric, ou maat, ons gaan nog baie in daai Vlakvarkgat van jou kuier. Ek en Vicky gaan eers leer drink en dan gaan ons julle vat vir n tweede rondte. Dankie vir die shirts en al die lekker voggies en kos. Julle ROCK!

Vlakvarkgat Boskroeg – Op die Weskuspad, so paar km na die Langebaan afdraai, sal jy die bordjie aan jou regterkant sien. Dit is gewoonlik van 10h00 af oop en maak toe as die laaste persoon waai. Vir enige info kan julle Eric kontak by (022) 766 1766. Hierdie plek is n MOET!

Vicky TREK jou maag in man!…hehe.

Leave a comment