Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

24uur se chaos

Saterdagoggend 06h00 en ’n singende selfoon ruk my wakker in ’n bed wat nie eers myne is nie. Nee man, dit is nie waaraan julle siek wetters dink nie. Gisteraand het 5 van ons die Kaap in gevaar vir ’n klein intro’tjie vir ons vinnige “in en out” besoekie aan Durban om die WP vs. Sharks wedstryd te kyk op Kings Park.

Die ouens lyk sleg en gisteraand het sy merk duidelik gemaak. Hierdie lywe moet nou op ’n vliegtuig kom – aai hoekom doen ons dit aan onsself.

Die vlug was lank en ek dink Ricky het by die dood omgedraai so 30min voor ons wiele neer gesit het.

Op die lughawe het ons spannetjie met een groter geword met ou Brill wat spesiaal van Kroonstad gekom het vir hierdie vinnige trippie.

’n Vinnige stop word gemaak by ons backpackers wat +/- 2km van Kings Park is en daar word besluit om nie te sukkel met die gereg nie en liewers ’n toon te klap stadion toe.

Brill sterf byna 4 keer oor die skaamtelose 2km en Soutie is soos ’n kind wat in ’n speelgoedwinkel los gelaat is – hy wil net nie rustig raak nie. Die view van die nuwe King Senzangakhona stadion wat langs Kings Park geleë is, is iets vir die oog. Mens kan nie ophou staar daarna nie – stunning stukkie werk daai kêrels.

’n Big screen is op die buite velde van die stadion opgerig en met koue Windhoek Lagers op tap teen ’n spotgoedkoop prys het die dag se verrigtinge begin. Gisteraand se pyne was gou iets van die verlede en toe die Bokke gou die Wallabies afgerammel het, het dinge weer klopdisselboom gehardloop.

Bonus punt #1: Bokke wen

Kings Park is een van die beste spectator stadions waarop ek al was. Die oop paviljoen is ongelooflik skuins / hoog en die feit dat dit die eniges stadion in SA is wat alcohol toe laat is dit ’n wonder dat mense nie al gesterf het nie.

Bonus punt #2: WP wen

’n Vinnige paar knertse word by 80’s pub (reg oorkant Kings Park) geniet voor ’n taxi in geroep word om ons terug backpackers toe te neem vir langbroeke en skoene.

6 wetters in ’n taxi wil gedoen word en ek dink ons arme drywer was effe senuweeagtig met al die khaki’s in sy taxi…lol.

Van daar het ons twee ander plekke besoek vir ’n paar vinnige knertse voor ons besluit het om maar terug te gaan 80’s toe. By 80’s kry ons die skok dat alle brandewyn, vodka, gin…gratis is tot 22h00.

Chaos…chaos…en dit daar gelaat.

Bonus punt #3: Blou Bulle verloor teen die Lions

Om die aandjie af te sluit is daar gou ’n laaste besoek by die see gemaak en iets vir die maag gekry wat later nie mooi sou gemaak het met ons nie…eish.

Een van die hardste impak trippies waarop ek in ’n lang tyd was…daar word klaar gepraat om die volgende ene of Bloemfontein of Loftus toe te maak.

Laat maar weet sou jy op hoogte gehou wil word as ons weer so ene aanpak.

Leave a comment