Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Stellenbosch wynfees

My eerste keer by hierdie fees verlede jaar was ʼn misterie. Dit was chaos en die volgende dag het dit gevoel of ek gestoei het met ʼn munisipale riooltrok. Parma en Vic het my gebreek, maar hierdie jaar het ek die oogklappe mooi netjies afgehaal en seker gemaak daai wetters vat nie weer die pas nie.

Wynkenner is ek nie en elke keer as ek by een of ander wynfees is wonder ek ‘Hoekom is jy hier Jonker??’ Die res van die ouens is almal kenners op die gebied, maar dit is een ding wat ek nog nooit onder die knie kon kry nie. Selfs die freaken kase by hierdie feeste trek soms my kiewe skeef. Maar elke jaar sal ek nog steeds daar wees want hoe kan mens dan nou so lekker geselligheid mis?

Maar dit is die gees en atmosfeer wat hand aan hand met hierdie feeste gaan en Stellenbosch loop sommer voor in die koor as dit by hierdie kategorie kom. Die enkel ysters staar hulle blind aan die oulike poppies en aai, mens moet soms net keer anders loop hulle die heeldag oopmond.

Verlede jaar het ons reguit weggespring in die skoolsaal en toe later oorbeweeg na die tent toe. Die jaar het ons hom anders aangepak, maar die eindresultaat was nog steeds chaos vir sekere van die manne…wil nou nie name soos Boerbok en Parma hardop noem nie…whahahaha!!!

Die wyn loop soos water in Stellenbosch en daar is nie ʼn dowwe siel te siene nie. Groot planne word beraam om wêreldvrede te bevorder (Rev het vroeg al sulke stokstywe ogies gehad…), maar in dieselfde sin is daar weer sprake van paniek saai êrens op ʼn klein Karoo dorpie. Aaai bulle…

So net voor 17h00 besluit ʼn paar van ons dat die tekort aan brannas en ook die groot Currie Cup game van Vrystaat teen Natal goeie redes is dat die geselligheid Brazen Head toe moet skuif. Was nie lank nie of die hele spul slaan daar uit. Vrystaat vreet die Natal vissies op en die blydskap is groot terwyl die brannas soos water loop.

Hoe later hoe kwater en ouder gewoonte het die party weer geëindig in Nu Bar, soos altyd. Van hier af het dinge net te rof gegaan en ʼn dag van wynproe en die impaksessie by Brazen Head het sy tol begin neem… Die manne was klaar…

Eish!

Leave a comment