
Moeilik om te glo die kaalkop (plus draadjies nog daarby) knaap wat ek 9 jaar gelede by die Kreeffees in Lambertsbaai ontmoet het, het vroeër die week 30 geword.
Vandat ek Paul (Parma) daai Saterdag by die fees ontmoet het, het dinge net spoed begin optel. As die eerste 9 jaar so was, is ek bang hoe die volgende 9 jaar gaan wees, want magtig ek kan boeke skryf oor die eerste 9 rondtes.
Alhoewel die knaap al helfte van sy gewig verloor het bly hy nog steeds een solid yster en iemand op wie sy vriende & familie kan staatmaak. Moeite is vir hom ’n relatiewe begrip en hy sal moeite doen om iemand te help.
Naweek was daar saamgetrek by Rivierplaas om die GROOT verjaarsdag te vier.
Vrydag het Nols en sy “aanhoudende” Jagermeister glasies my seergemaak, so ons praat nie daarvan nie…sug.
Met ’n lelike hittegolf wat die hele Wes-Kaap getrek het, is meeste van die tyd in die rivier spandeer. Res van die tyd het ons stoele geskuif soos die skaduwees dit toe gelaat het.
Later die middag het Mnr Spit Koning homself, Nols, sy magic begin en die manne het weer begin samesyn hard bou.
Vrydagaand se skade was nog teenwoordig so ek het maar soos ’n Laerskoolmeisie op die kant gestaan en kyk hoe die Hoërskoolseuns “mineraalwater” hard vat. Liggaam kan heel duidelik nie meer die houe vat soos in die verlede nie…maar soos pa altyd gesê het, elke sport het mos nou maar sy eie beserings.
Paul & Marina dankie vir ’n wonderlike naweek en al die reëlings. Met die dat jy nou al daai tonne gewig verloor het voor jou 30st, hoop ek jy kry darem die “looks” as jy my ouderdom trek…hahahaha…skuus…pa het gesê ek mag nie vir snaakse kinders lag nie.
Geluk ou grote en ons sien uit na die volgende 9 rondtes.
Kliek hier vir meer foto’s.