Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Porseleinberg 4×4

Porseleinberg 4x4

Woensdagoggend kry ek ’n oproep van Jaco Victor (local op die dorp) wat vra of ek Saterdag wil saam ry as hul die Porseleinberg 4X4 roete gaan aanpak. DEFINITIEF, want hoe gereeld kry mens die geleentheid om ’n 4×4 roete aan te pak op ’n Unimog.

Saterdagoggend so net na 8am kom daai brullende stuk yster tot stilstand voor my huis. Cooler box word op gefoeter en ek en Paul kry ons sitplek. Die res van die konvooi word by Wellington Oos-Gemeente (wat die dag gereël het) gekry waarna almal die grondpad Hermon toe vat.

Oom Jan (eienaar van die plaas) lei die konvooi. Aan die voet van die berg kom die konvooi tot stilstand waarna die 1st gedeelte (steil opdraande na die uitkyk punt) een vir een aangepak word. By die uitkyk word daar bene gerek, ’n koue of twee word geniet en oom Jan deel so ’n kort geskiedenis van die plaas en omgewing.

Van hier kronkel die roete al langs die berg. Jaco se Unimog maak kinderspeletjies van die hewels en die yster wys net weereens hoekom sy lae trek ratte so fenomenaal sterk is. Agter moet daar klou word, want man kan jou maklik langs die voertuig in die veld bevind, inplaas van agterop, as die pad begin rof raak.

Porseleinberg 4×4 roete met ‘n Unimog (video)

Die roete eindig by die afdraai (T-aansluiting) na Riebeek-Kasteel. Van hier word daar na een van oom Jan se ander plase gegaan waar vuur aangesteek word.

Was lekker om Alfred van die LCCSA ook op die roete te kry. Baie dankie vir die lam boude Jaco en al het die vorige aand se dans later begin skade maak was dit ’n kookwater dag. Gaan loer gerus na Viking Adventures op Facebook en maak kontak met Jaco.

Ongelukkig is hierdie ’n privaat roete en nie hoop vir die publiek nie. Sal hom definitief weer wil doen, maar die keer in die 80 Series.

Maak sommer gou weer so.

Kliek hier vir meer foto’s.

Comments (2)

Lyk of julle alweer n lekker dag gehaat het. Jy moet hoor of die oom nie dalk ons eendag op die roete kan vat nie, sal vinnig n spannetjie kan kan aanmekaar slaan, net uit die vriende en dalk van die Swartskaap manne.

Sal bietjie by oom Jan hoor. Die oom bly glo nie meer op een van die plase nie, maar op die dorp. As ek dit nou reg het is dit net n straat weg van my. So sal sommer een aand na hom toe gaan.

Leave a comment