19th Ave New York, NY 95822, USA

Jan Tuisbly

Bainskloof

2013 is iets van die verlede en damn wat ’n jaar was dit nie vir ons klein familie nie. Met al die “highs” het daar ook maar ’n paar “low” oomblikke gekom, maar soos altyd het ons daaroor gekom.

2 van die groot high’s vir die jaar was die nuus dat ons ’n tweede seuntjie, Lian, verwag en ook natuurlik Marli se skuif na Star South in Wellington.

Met die dat einde van die jaar haar besigste tyd by die nuwe werk is, het dit beteken ons het hierdie jaar tuis gebly en aan die groeiende TO DO lysie gewerk. Huis moes uit geverf word, Lian se babakamer moes regkom en die bou van Jean se bende huis moes begin word.

Tussen die TO DO lys het ons darem vir ’n paar dae saam vriende na Pearly Beach gegaan en oor Kersfees vir die skoonouers by Agulhas gaan kuier. Res van die tyd terwyl Marli gewerk het, het ek en Jean maar rondgeswerf om Wellington.

Het paar keer by Bainskloof se poele gaan swem en damn het die jong klomp darem geniet: Bainskloog swemgate (Video)

2014 gaan ’n groot een wees en ons kan nie meer wag vir Lian se koms April 2014 nie.

Gaan groot almal en hou die blink kant hoog.

Leave a comment