Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Kreeffees

Waar om te begin, en actually waar om te eindig? Want soos my lyf nou voel, het die fees, die naweek, om presies te wees, nog nie tot sy einde gekom nie.

Vrydagaand na twee padwerk stoppe na Piketberg en ‘n roadblock net na Piekenierskloof het ons, ek, Vicky & Elizca einde ten laaste Lambertsbaai gevind, 22h00 die aand. Liz en Evan, ons mede WilleKlonge was reeds daar, opgeslaan met ‘n dop in die aand. Toe mensies, het ek al geweet…hier kom moeilikheid die naweek.

So met die uitpak, word daar ontdek daar is geen hout nie en die winkels is al toe en moet daar vinnig plan gemaak word. Gelukkig was oom Herman Redlinghuys, van Lambertsbaai, baie goedhartig en het die WilleKlonge ondersteun met ‘n paar stompies hout en blits om vir ons ‘n warm kuier vuurtjie te maak.

Alma, Schalk, Pedrie, Maynardt en Inge, die ander WilleKlonge van die naweek he ook na verskeie padblokades, gebreekte motors en cooler bags wat by die huis vergeet is opgedaag.

Die Vrydagaand is daar maar besluit om rustig te vat, net soos ‘n WilleKlong kan natuurlik, om voor te berei vir die groot fees van Saterdag. Of altans dit was die oorspronklike plan, maar hoe later, hoe kwater het dit geword en die voggies het gevloei. Wanneer daar halt geroep is, weet die vader alleen, maar Saterdagoggend was almal vroeg op, in hul WilleKlonge ‘uniforms’ want die fees gaan begin en dit mense, is die hoof rede hoekom die WilleKlonge daar teenwoordig was.

Die eerste stop die oggend by die Kreeffees terrein was die biertent, geen fees is volmaak sonder die tradisionele biertent nie, en hierdie een het sy naam gestand gedoen. Ek, Alma en Liz het toe hier die nodige guts bymekaar gekry om te gaan ‘bungee rocket’.

Die program het Saterdagoggend afgeskop met Blade wat gevolg is deur een van die WilleKlonge se favourites, Wicus van der Merwe. Die WilleKlonge was soos altyd daar om hul volle ondersteuning aan Wicus te gee. (Hier kom ‘n ding!) En mens hier het die voggies woes begin loop, terwyl die WilleKlonge die ander kunstenaars ondersteun het. Nic Stevens, 4-U, Just Jack, Nicholis Louw (met sy sexy paar skoene) is maar net ‘n paar om te noem wat die WilleKlonge se voete aan die brand gesing het. Shine 4 het meer as net die klonge van die WilleKlonge se voete aan die brand gesing, die vermoede bestaan dat paar van die klonge hul harte verloor het op hierdie eerste afrikaanse meisie band.

Na al hierdie opwinding, is daar eers bsluit om weer ‘n kuier en ‘n vuurtjie by die tent te maak., voor daar terug gekeer word na die feesterein om die ander kunstenaars te ondersteun. ‘n Vuurtjie is opgeteek en die kuier het voortgegaan. Teen 21h00 het ‘n paar WilleKlonge verlore geraak in hul onderskeie tente, maar dit het nie die res afgesit nie.

Daar is besluit dat die fees nie hier kan eindig, en ek, Vicky & Elizca het besluit om die fees tot op sy einde te geniet die Saterdagaand. Daar is direk biertent toe gemik om op te warm vir die aand wat voorlê. Waar Vicky verlore geraak kan ons nie sê nie, maar toe ons hom weer vind, kon mens sien, die Kreeffees het amper die eerste man gevat. Gelukkig nie, Vicky is ‘n fris mannetjie en dit vat meer as ‘n paar om hierdie mannetjie onder te kry. Arno Carstens het die verhoog betree en daar is reg gemaak om te kuier op sy show. Ongelukkig was sy show nie so goed soos ons verwag het dit gaan wees nie, maar Elizca hou vol hy is darem nog steeds ietsie vir die oog, wat sy show nie te sleg gemaak het nie.

Dr Victor & the Rasta Rebels het die aand afgesluit met ‘n uitstekende show en die gees was goed. Daar is toe besluit dit is tyd vir huis toe gaan, maar moer eers motorsleutels soek. Ek en Vicky het die kafbale so geniet, dat die sleutels verlore geraak het, maar na ‘n paar minute se gesoek is dit darem gevind. Dit is hier waar Vicky toe besluit, maar vir tent is hy nog nie reg nie en bly toe by die biertent tot hy die laaste persoon was.

Ek en Elizca het maar besluit om die vinger te gooi en ‘navorsing’ te gaan doen oor die klub in Lambertsbaai. Daar opgedaag het ons tot die besef gekom, hierdie Weskussers kan kuier en daar is nog tot die vroeë oggendure gekuier in hierdie klub van Lambertsbaai. Toe is dit die lang tog terug na die karevaanpark – wat ons gedink gaan so ‘n paar minute se stap wees, was op die ou einde van die dag, soos dit vir my lyf gevoel het, ‘n marathon stap.

By die kampeerterein opgedaag sien ons hier is nog nie einde nie, want Eugene, Johan & Arnold het ook daar opgedaag en saam met hulle moet ons verder kuier. Na baie gewonder en spanning daag Vicky ook op by die kampeerterein, en dit is hier waar die kuier toe weer begin in sy volle gang.

Ek (die ou man) het maar later halt geroep en het die jonger lede gelos om aan te hou juier. Vicky, Eugene & Elizca en paar vreemdelinge wat hulle ontmoet het in die karevaanpark het tot die vroeë oggendure gekuier.

Sondagoggend was dit weer vroeg opstaan. Liz, Evan, Schalk & Alma het besluit dit is tyd vir huis toe gaan. maar ek, Vicky & Elizca het nog nie kans gesien vir die pad huis toe nie.

Daar is besluit om by Clanwilliam dam tent te gaan opslaan. Woeps wasp en die tent was op en dit is toe ons nou voel ons is sterk genoeg en besluit om ons eie Jackass movies en moves te maak, wat die mede kampeerders redelik vermaak het. Ons het onsself desmoer toe geval met al daai stupid stunts. Die grond was hard die aand by Clanwilliam, en ek het nog nooit op so baie klippe in my lewe geslaap nie, en Vicky ons mater, hy kan maar snork.

My lyf is nog steeds in traksie na die naweek. Ek weet nie of dit die lyf is wat nie meer die kuier kan vat nie, en of dit is van die laaste aand se pyn in Clanwilliam nie, maar maters een ding is verseker, al hierdie pyn en die lyding is die moeite werd as ek terug dink aan hierdie naweek.

Groot dank aan al die mede WilleKlonge wat daar was, sonder julle sal dit nie so ‘n besonderse fees gewees het nie. Ons maak weer so.

Check hulle site uit vir meer info oor die fees – <a href="http://www.kreeffeeslambertsbaai.co.za " target=’_blank’ class=’commentLink’>www.kreeffeeslambertsbaai.co.za</a>

Leave a comment