Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Wêreldrekord – Skaapkop ete

Ek stem die titel van die artikel mag dalk nie vleiend wees nie en as jy van hierdie dus weet nie, maar jy dalk jou bakkies skeeftrek terwyl jy vreesbevange daar staan en wonder of dit nou ’n grap is of nie….

Skaapkop is nie vir elke Jan en sy maat nie – jy moet weet hoe om die knaap aan te pak en jou maag moet ook reg staan vir wat kom.

Het so paar jaar gelede die voorreg gehad om saam met ’n paar Boland wetters n tradisionele skaapkop ete te geniet op die regte manier: khaki hemp met ’n das + ’n lekker skerp knipmes. Hier was al die rookies geleer hoe om ’n skaapkop reg te benader en te geniet.

So toe ou Parma vir my laat weet daar word beplan om ’n 21 Mei 2011 wêreldrekord op te stel met die die meeste skaapkop etes by Bushmans Berg Teater (anderkant Clainwilliam) het ek geweet dit kan mos net ’n lekker road trippie wees vir die manne.

Vier van ons (ek, Parma, Christo & Soutie) skiet Saterdag laat oggend deur met Christo se Zuuzbox. Geklee in gevegsdrag (khaki’s) en gewapen elke met ’n knipmes is ons reg vir hierdie klein uitdagingtjie.

Was my eerste keer by Bushmans Berg Teater en wow wat ’n lekker opset het hul nie. Die buitelig teater het al groot geeste, soos Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, hier gehost so dit is nie sommer ’n hiert-jy opset nie.

Ons het nie op ons laat wag nie en met die intrapslag het ons elk ’n skaapkop getakel.

Omrede ons bietjie vroeg was, moes ons eers ankers aanslaan en kans gee dat daar darem genoeg koppe is vir die gaste wat nog kom.

Toe word ons dors en aai toe raak die party vir jou lekker.

Paar woorde met ou Chester Williams ook gewissel – baie aangename kêrel en plat op die aarde.

Later die aand het almal boontoe geskuif vir die hoof vertoning. met al die ligte en vure wat aangesteek is, kon ek sien hoekom hierdie so ’n gewilde buitelig teater is….WOW.

Die pad terug was maar ’n 1 ½ man saak, want ek en Soutie en ’n uiltjie agter geknip terwyl Parma probeer wakker bly het langs ou arme Christo – kêrels volgende keer MOET ons kamp.

Dit was lekker, maar aai daai volgende oggend was maar taai op die liggaam….LOL.

Leave a comment