Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Bobbejaans Rivier hike

Ek weet nie wanneer laas ek op ’n hike was nie. Moet seker maklik 2 jaar laas wees. Nee, magtig Henry jy het sleg geword…

Wel dit het en gaan ook nou gou-gou verander. Hierdie swak gewoonte was stopgesit die naweek toe ek, vroulief, Parma & Marina een van Limietberg Natuurreservaat se 1 dag roetes, Bobbejaans Rivier, aangepak het.

Die roete begin by die Corner Lodge bo-op die Bainskloof pas te Wellington. Van daar kruis jy ’n river en dan is dit al om die berg na die waterval toe.

Vir iemand wat lanklaas in die berge was, was hierdie net die regte medisyne – glad nie te veel koppies nie en ook nie te vêr dat jy later begin bid vir ’n einde nie.

Die roete is ’n heen en weer en mens draai by die waterval.

Wat die roete nogal interessant gemaak het, was ons “free of charge” gids wat ons sommer gejoin het. Die eienaar se hond (lyk soos ’n Pointer) het besluit hy gaan ons join en moet sê op party plekke het die knaap ons wraggies uitgehelp anders kan mens dalk maklik die verkeerde afdraai vat.

Wel nou is daar nie meer ’n verskoning nie. Limietberg Natuurreservaat het nog 8 ander roetes so dit kan ons ’n bietjie besig hou.

Leave a comment