Saterdagoggend 06h30 en die Zuuzbox (ek, Charl & Marnus) suiker by Highlands (plaas net anderkant Robertson waar Steve woon) in.
Die groot dag het uiteindelik aangebreek waar ons, ons ou goeie vriend, Paul Laas, skade gaan maak. Hy het al die getroude manne skade gemaak op hulle batchelors so daar was ‘n paar van ons wat graag die guns wou terugbesorg.
Die PVA vir die dag was soos volg: Stefe (sy bestman) het gereël dat ’n bussie ons 10h00 optel en dan Rawsonville toe waar ons die dag by die Breedekloof Outdoor & Wyn Fees gaan spandeer.
Vrydagaand se 2 uur slaap het my begin opvang en ek het ’n uiltjie in die bus gevat…’n groot fout met ’n vrag ouens in ’n bus.
Eerste stop was by Daschbosch, waar ons ’n paar van die ander manne (Neef en Sieb) gekry het. Altyd lekker wanneer ’n kuier spannetjie groter raak met elke stop.
R20 vir bottomless wyn….do I need to say more….
Van hier was dit na Du Preez Kelder en dan Badsberg en uiteindelik is daar gestop by Boshimela waar die aand op sy kop gedraai is.
Die tydjie by Boshimela in 2 woorde – The Hangover (die movie). As jy die movie al gekyk het, sal jy weet waarvan ek praat.
Ek kry saans nogsteeds flashbacks van die aand.
Flash back notas…
Het die Wellington rep gehelp om sy karretjie aan die gang te stoot en inruil vir ons hulp het hy vir ons 3 goue Wellington seuns gegee. Dit is in ons kondisie agter ’n muur weggesteek….whahaha….weet nogsteeds nie hoekom ons dit gedoen het nie.
Charl wat my aan die bors gryp en mooi vra (smeek) dat ek nie sonder hom moet waai nie, want dit bus is glo al weg….hel ek het nie eers geweet die spannetjie is weg nie….loop toe vas in Paul en Neef wat ook agtergebly het…
Hoe de hel gaan ons nou in Robertson kom…wie gaan so dom wees om ons ’n lift te gee…kom ons kry liewers nog ’n glasie wyn kerels.
Ou Neef reken hy moet my en Parma veilig in ’n bed kry en ken glo ’n pal wat naby woon waar ons kan crash vir die aand….
….ek en Parma klim agter in Neef se bakkie….ek val in ’n DIEP DIEP slaap (whahaha)….Charl en Neef trek ons uit die bakkie….ek weet nie wie se huis dit is nie, maar ek stap net in…iemand groet en skud my hand, maar ek sê niks nie…Neef vat my na ’n bed met wit ’n duvet…in my kondisie val ek net so in die bed, met moder voete…Neef het my weer beet en die keer badkamer toe waar ons 3 (ek, Neef & Charl) saam in die bad sit en voete was….terug in die bed en weer in dieselfde DIEP DIEP slaap….
Sondagoggend en my oë skiet oop….in wie se donderse bed is ek dan nou? Sien ou Charl in die bed oorkant my…in die kombuis kry ek Neef en die se pal en vrou. Ek skud blad en sê beskuie dankie/jammer vir ons laat inwals.
“Waar in Rawsonvile is ons?”, vra ek.
Ou Willa val amper van sy stoel soos hy lag.
“Ou maat, ons is in Wolseley – woes vêr van Rawsonville en nog verder waar jou bakkie staan in Robertson”. Eish dit was een helse kuier kerels….!!!
Parma kom die kombuis ingestap in sy pienk ferry “batchelors” pakkie. Die knaap lyk darem baie kakker as ek…hy het skade….ek like, maar hel ek het ook skade aan myself gemaak…die kak moet stop kerels.
Terug in die bakkie en dit is Robertson toe waar die meeste van die spannetjie al in die pad huis toe geval het.
Parma my ou maat – dit was groot, dit was woes en dit was een helse lekker kuier.