Die volgende goed sal jy nie vêr van ’n boer bedags kry nie: knipmes, sakdoek, bakkie en ’n hond wat saam met hom werk & travel.
In Parma (Paul soos sy ma hom ken) is die bogenoemde 100% korrek. As hierdie 4 items dan so belangrik is op ’n daaglikse basis dan kan mens seker nie daar sonder op jou groot dag (troue) nie.
Saterdagmiddag 30 Oktober 2010 te Delsma plaas en Parma en Steve (bestman) is gedress tot die ore toe. Al die gaste het hul plekke ingeneem en nou word daar net gewag vir Marina….
Skielik kom Tessa (Parma se skaaphond) afgedraf by die paadjie en neem haar plek in langs Parma. Jy hoor een groot AAAAHH van al die gaste. Het haar nog nooit so skoon gesien nie…dink Parma ook nie….
Dit was vir my ’n unieke oomblik in Parma & Marina se troue en een wat lank by my sal bly.
Gaan nie in details deur als nie, maar die volgende sinnetjie
Marina lyk STUNNING en almal se monde hang uit toe sy en Parma die saal instap …. daar word geëet …. dans …. speeches … eet …. dans …. en die aand raak lank en geselliger …. eindig ek weet op in ’n swembad …. eish.
Parma/Marina baie geluk met jul spesiale dag en dankie vir die voorreg om julle seremoniemeester op die dag te gewees het.
Kyk mooi na mekaar….so wanneer kom die pienk voete dan nou?