Die groot dag het gekom en gegaan en tans is die tweetjies êrens naby Sabie se wêreld op hul honeymoon – wonder wat maak hulle asl…
Die groot dag was verlede week Vrydag en maggies was dit nie ’n GROOT dag nie. Was een van daai troues waar daar gekuier en gedans was tot laat soggens…waar mamma jou aan jou hemp bakkie toe sleep want dit is glo tyd om te gaan…jup een van daai lekker kuiers.
Was nog nooit vir ’n troue in McGregor nie so het nogal uitgesien hoe die venue gaan lyk waar die groot geleentheid gaan plaasvind en damn was ek nie verras nie.
Die venue Lords Guest Lodge, of dan die meeste daarvan, is uit berg klip gebou wat teen ’n koppie geleë is. My tiepe venue – niks fancy k@k en hare nie.
Marnus & Adel julle het great gelyk en die troue was bobaas lekker gewees. Pas mekaar op en as julle voel jul wil mekaar met ’n graaf beet kry, bel my liewers…ek het van die beste grawe….whahaha….jokes.
Vir die vrinne (Boere & Gis) wat van vêr gekom het – magtig was lekker om julle weer te gesien het. Het net weer besef hoe dik Boere werklikwaar is…scary shit.