Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Kom ons nail ʼn buddy…

Een ding wat my nog altyd gefassineer het van die mensdom is die gawe wat ons het om vir ʼn buddy te lag terwyl hy besig is om sy gat te sien.

Dit maak mens so ietwat warm van opgewondenheid as jy die angs en anargie die situasie sien oorneem. Great man!!

SIEN JOU GAT FRIKKIE!!!!

Maar die dag as dit met jou gebeur is dit heeltemal ʼn ander kortverhaal.

Nou om naam gat te maak voor mense is nie eintlik iets nuuts vir my nie. In die begin bid jy dat die aarde jou tog net moet insluk, maar hoe meer jy jou gat sien hoe meer in beheer raak jy van die situasie.

“Ek is ok, ek is ok. Dit was niks nie. Ek het dit alles so beplan…”,

YEAH freaken right jou dom sot!!!

Maar om hierdie onvoorspelbare gebeurtenisse so bietjie spice te gee, moet dit alles gebeur ten aanskoue van die sotte wat self hulle gatte al hard gesien het met so avontuurtjie, maar dit nooit voor jou sal erken nie. En as jy hier jou dinges sien gaan almal môre daarvan weet, selfs jou dominee, daarop kan jy maar staatmaak.

Plek – langs die Breërivier by sjomma Stefe op die plaas.
Wie was daar wat saak maak – uhm…almal, maar meer belangrik dikgat Parma en domgat Boerbok.
Intro – Ek het die vorige kuier daar gemis saam met almal en dis toe die keer dat Steve se ouman almal die rivier af gesleep het met die “trekkertjoep”

Die brannas en koues loop soos water en dinge kan nie beter wees nie. Ek maak Boerbok se naam 14 keer gat in ‘n game touch rugby toe ek 14 keer om hom is sonder dat hy eers uit sy wegspringblokke kom, maar ek dink almal behalwe hy het geweet hy was die dikste skakel in daai ketting, sommer vir albei spanne saam.

Skielik is daar ʼn nuwe Isuzu in die geselskap en ek weet sommer dit is nou sulke tyd. Ek hou my pose, want om nou soos ʼn mal senuweeagtige dogtertjie rond te hol gaan wraggies net dinge vererger, sommer driedubbeld.

Marina (Parma se beter helfte) word eerste rondgesleep en ek vra maar stilletjies hier en daar vir tricks, maar niemand wil advies gee nie.

10 minute later en hulle is terug.

“Ok Jonker dis nou jou beurt, bliksem”, kom daai freaken melkboer, Parma, se stem deur.

Beide Parma en Boerbok vertrap amper die bootjie om tog net die beste spot te kry om hierdie “Sien Jou Gat 101”-kursus te aanskou. Arme Jan en Steve kry ook maar net-net plek.

Ek plaas my Men’s Health struktuur horisontaal op daai tjoepie en al wat deur my kop gaan is om nie op te f*k met die wegtrekslag nie.

Die twee dikgatte op die boot se bakkies is vlamwarm soos hulle smile en die kwyl loop soos brandewynketels die monde af.

Die tou trek styf en daar gaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaat ons….

Brandewyn en bier is iets van die verlede en nou suip ek rivierwater heelpad. Dinge gaan goed en verbasend genoeg is ek en die tjoep nog een.

Skielik is daar ‘n vinnige chat op die boot tussen die manne en ek weet die uitstappie gaan nou verander. Die reguit lyn word gebreek en oom Francois begin soos ‘n dronk student heen en weer oor die water te hardloop met daai boot.

Skielik skiet ons ‘n breë gedeelte van die rivier in en ek weet dit is nou daai 360 beweging waarteen almal my gewaarsku het. Ek klou en kners en dinge tel woes spoed op, maar teen diè tyd klou my naeltjie ook nou al aan die tjoep en YEAH!!! ek oorleef dit en alhoewel die bliksems op die boot hande klap weet ek hulle is sad dat ek nie deur die riete geploeg het nie.

Ek wou nog aan die oomblik klou, maar dit is van korte duur…

Daai paar sekondes net voor jy jou eie gat sien is altyd iets aanskoulik. Jy weet die oomblik is hier en jy weet, as jy dit gaan survive, dan het jy al klaar n rede moet hê hoekom jy dit juis so beplan het. En dan is die oomblik daar…

Gat oor kop, kop raak tone verby dik pens, ore klap soos geelvissies teen die water en dan is daar stilte en jy weet dit is nou swem Jannie swem tyd.

Bodycheck word gedoen en alles beweeg darem nog. Soos ek opkom vir lug hoor ek die wetters se gelag bo die bootenjins. Ek sweer Parma moes homself natp*s soos hy gelag het. Ek trap maar water en maak of alles beplan is.

“Moet nie worry nie ek is OK. Wou ‘n move probeer het, maar die tjoep is maar k*k en wou nie saam speel nie…”, yeah right Jonker!!

Skaars op en ons gaan sommer klaar in ‘n paar dodgy moves en dit is weer gat-oor-kop tyd.

Diè keer lyk dit of ʼn dik stripper op die boot gestrip het soos daai knape lag.

Na die derde selfmoordpoging is die gevoel in my arms verlore en versuip is net om die draai, dis te sê as hierdie ouens my nie deur die riete gooi voor dan nie…

Om die kersie op die koek te sit, vat Jan die tjoepry oor by my op die rivier en kom ek terug by die wegtrekpunt OP die boot, nie AGTER die boot nie! Ek hou my kop omhoog, want al het ek nie soos AL die res agter die boot daar aangekom nie, weet ek daai bliksems wou my lewe kortknip, maar ek het survive.

Moreel van my storie: as jou sjommie sy gat gaan sien moet jy lag en fotos neem, want eendag gaan dit jou beurt wees en dan GAAN jy dit van alle kante kry!!!!

Tarra

Leave a comment