So 2 maande gelede kom Marli na my toe met die voorstel dat sy, Gisella en Rene ʼn jaareind funksie wil hou vir Willeklong.
Die naweke se slaap in tente in die Karoo, of agter op bakkies nat reën het sy tol geëis en die dring daarop aan dat die netjies klere uit die kas gehaal moet word en dat die formele ding vir ʼn slag getoets moet word.
Haar woorde het skaars my ore getref en ek dog ek kry net daar en dan ʼn hartaanval.
¾ van hierdie knape het laas ʼn pak klere by hulle hoërskool dans oor hulle skouers gehad so die kans dat ʼn paar vreesaanjaende siele daar kan op daag was groot.
Maar om ʼn vrou se mind te verander is net so goed as wat die Oostelike Provinsie weer Currie beker rugby gaan speel – NOOIT NIE! Jy kan maar jou kop sak en net ja sê.
Kaartjie kope het begin en toe die groot dag, 17 November 2007, uiteindelik aanbreek staan ons presies op 90 mense.
Klein Joostenberg (net so buite Stellenbosch) was so vriendelik / braaf om hulle venue vir ons beskikbaar te stel en toe Marli / Gisella / Rene en hulle span met daai saal klaar was Saterdagoggend kon jy nie glo dat 3 girls so leë saal ‘n splinternuwe “look & feel” kan gee nie. Die saal was tip top ongelooflik en alles was reg vir die groot aand.
Paul van Nu Bar het ʼn DJ, Francois, vir ons gereël en aaai, toe ek die knaap later die middag gaan haal het en hy vra so vir wie is die funksie het die arme knaap bollemakiesies geslaan toe hy hoor vir wie dit is. Ken darem nou al die rooi logo Donderdagaande by Afrikaanse aande by Nu Bar en die knaap weet dit is so hard as moontlik tot die einde toe…al haal die ouderdom sommige van ons soms onverwags in….
18h30 en gaste begin arriveer en so om en by 19h30 was die buite onthaal vol jolige mense. Party van die knape het maar gesukkel met die das om die nek en die beter helftes het darem vir jou netjies gelyk…lekker op die oog.
Gaste het so ver as van Oos-Londen, Robertson, Piketberg, Ladismith op gedaag vir die geleentheid, so die nurves het top disselboom gehardloop dat alles volgens plan tog net verloop. Trek jou ore plat en sleep vir die grensdraad.
Skaap (MC) het stem dik gemaak en almal het die saal in beweeg.
Nou met Skaap as ʼn MC het jy wraggies ʼn alles in een pakkie. Van musikant, komediant, fantastiese spreker en iemand oor die algemeen wat enige persoon op sy gemak sal plaas.
Alles het vlot geloop: van die opening, lucky draw, ʼn fantastiese drie gang maaltyd, die nodige toesprake en natuurlik die kuier / dans na al die formele goedjies. Vir meer kan mens nie vra nie.
Om 24h00 vir ʼn vol saal te sê luister ons moet skuif want ons moet 00h30 die saal uit wees is nogal ʼn lekker afkondiging om te maak.
Alhoewel ons nie die wa tot 05h00 daar kon deur trek nie het Paul gereël dat ʼn “after party” vir ons wag by Nu Bar in Stellenbosch.
Van hier raak die aand effe senuweeagtig want dinge het rof en aanhoudend gegaan.
Laaste wat ek kan onthou is toe ou Dirk op Vicky-hulle se bank slaap terwyl sy vrou vir die dood saam met die ander ouens kuier. Skaap wat sukkel om n small Springbok trui aan te kry….
Hoe ons dit volgende jaar gaan verbeter weet ek nie, maar ek weet Marli & Gissela praat al klaar van hoe en wat volgende jaar gedoen gaan word.
‘n Groot dankie aan ALMAL wat daar was. Ek weet aan die einde van die jaar is daar tonne funksies, maar dankie dat julle die paar sente kon af staan vir die geleentheid.
Dan aan Marli, Gisella, Rene, Francois (DJ), Klein Joostenberg & Paul (Nu Bar) – BAIE dankie vir ʼn great geleentheid namens ons almal. Well-done vir ʼn puik stukkie werk.
Volgende jaar gaan groter en rowwer wees….
Ongelukkig kan ek nie al die foto’s op sit nie, maar hier is van die bestes.