ʼn Paar weke gelede ontvang ek ‘n oproep van oom Bassie Basson, hier op Wellington, wat wil weet of ek en die seuns nie belangstel om by sy vriende, Andre en Suzaan Theron wat naby Merweville boer, se nuwe Boskamp te gaan kamp nie. Dit is mos musiek vir my ore en voor ek my weer kon kry is ons 4 manne (Lian se makker, Paultjie, het by ons aangesluit vir die naweek se kuier) oppad Merweville toe. ‘n Paar km buite Ceres, net nadat ons regs gedraai het op die…
Merwerville
Merweville is ʼn Karoo dorpie so 45km Noordwes van Prins Albert en as jy enige iemand sal vra of hul al van die dorpie gehoor het, sal meeste eers Google raadpleeg om te sien waar die plekkie presies sit. Wel +/- 13 jaar gelede was ek en ʼn paar vriende (van Willeklong verlede) deel van daai lysie en het ons vir een of ander onverklaarbare rede opgeëindig op Merweville. Dit was maar net nog ʼn dorpie op ʼn kaart waar ons nog nie was nie, en dit was genoeg van ʼn…