Gatsrivier

Gatsrivier 2

02 Jul: Kamp by Gatsrivier

Dit is weer Vrydag en hoogtyd dat ons ontsnap van die wêreld se geraas. Alhoewel die Kaap se reën uiteindelik gekom het, was dit nie ʼn groot genoeg verskoning om die naweek se ontsnapping na die Karoo te mis nie. Die wêreld is nat en ons ry in die reën van Wellington tot net na Theronsberg pas, anderkant Ceres. Die Groenewald’s, wat bietjie vroeër gery het, het intussen vir ons gewag waar die grondpad (R355) begin het. Soos altyd, begin die VHF radio’s lewe kry soos ons die voertuie se neuse…

Gatsrivier 4x4 roete

22 Aug: Kamp by Gatsrivier

Vrydagoggend (lang naweek) en dit is weer sulke tyd. Daar moet vuur gemaak word soos die ou dae. Samesyn moet gebou word asof Maandag einde van die wêreld is. Kinders moet speel en raas nes hul dit kan doen. Hoekom? Want ons wil, en magtig ons KAN! Jean kry sy plek in sy stoeltjie en die knaap se glimlag trek van oor tot oor. Marli / yster / M / SWAMBO / gogga maak seker sy pak nog 3943573 los sakkies in voor sy die hoë trappie neem om haar plek…