Garies

veld_02B

04 Oct: Namaqualand se Agama Tented Kamp

Na ‘n LANG en KOUE winterseisoen en ʼn angs-bevange Graad 4 eksamen het ons weer die voorreg gehad om bietjie te gaan verken en net te ontsnap weg van die dag-tot-dag se gejaag. Ons manne was in vir ʼn groot bederf vir die eerste been van ons vakansie. Ons was bevoorreg om vir ʼn paar dae by oom Victor en tannie Linda by hul Namakwaland Tented Kamp, Agama, te gaan kuier en was dit nie ʼn belewenis vir ons 3 manne gewees nie. Ek begin sommer lag as ek terugdink aan…

Noup

04 Jul: Laaste besoekers by Noup

Ons Weskus avontuur begin in die klein kusdorpie van Elandsbaai. Met die dat Noup +/- 520km van Wellington is, sou die afstand net te lank gewees het vir die twee honde (Pepsi & Mila), wat ons vergesel op hierdie avontuur. Die bakkie het skaars by Elandsbaai gestop en die honde kon nie vinnig genoeg die voertuig uit nie. Kamp is opgeslaan en dan is dit reguit strand toe met die honde. Terug by die kamp het ʼn groot Rummikub toernooi begin terwyl die vuur lekker knetter.   Volgende oggend is kamp…