Terwyl ek sinnelose tyd een middag op Instagram spandeer, verskyn daar ‘n post van ʼn Karoo Poison MTB resies by Leeuwenboschfontein Gaste Plaas. Skielik onthou ek van ʼn vriend wat hierdie einste resies al gedoen het en, volgens hom, was dit ʼn fees! Ons kom nou net uit ʼn lang skolerugby seisoen en my siel smag na oop vlaktes en die bos. Met die dat ons 3 manne nog net 1 keer die jaar op ons fietse was en meer belangrik, dat Lian nog net 11 jaar oud is, skryf ek…

