Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Trou rëelings begin…sjoe!

As jy vir my 6 maande gelede gesê het ek gaan vandag sit en begin trou reëlings maak sou ek net daar myself vrek gelag het. Maar die lewe het ʼn manier om curve-balls jou kant toe te skiet en voor jy jou oë kan uit vee dan is jy knie diep in die storie en dan is daar net een pad en dit is vorentoe.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is mal hieroor, maar dit is net ironies dat ek, Henry Jonker, nou besig is met trou reëlings. Liewe hel, gebeur dit uiteindelik met my…sal menige seker ook vra.

Soos van die ouens sal sê is hierdie storie nie krieket of perd koop nie. Hierdie is forever en altyd. Dit gaan beteken dat vir die res van hierdie website en my bestaan gaan daar net een vrou langs my op foto’s staan en dit gaan Marli aka M wees.

Gewapen met M se trou boek en tonne afwagting skiet ek en sy Vrydagaand Oudtshroon toe om Matilda van De Opstal (www.deopstal.co.za) te gaan ontmoet wat ons trou koördineerder is. Die pad bly maar lank en stil en ʼn vinnige koue word af geslaan by Ronnies Sex Shop. As ons nie die Vrydagaand by my ouma sou geslaap het nie sou ons seker wraggies daar vas geval het, maar die wete dat my ouma dalk net goed haar moer sou gekoer het as ons vlam warm daar gaan aankom het ons maar na die eerste enetjie die laaste entjie Oudtshroon toe aangepak.

Saterdagoggend is dit vroeg uit die bed, ouma word gegroet en dan is dit 12km op die Kango Grotte pad na De Opstal. Terwyl ons ʼn koffietjie in die sitkamer geniet maak Matilda haar verskyning en na ʼn paar minute in haar geselskap kom ek gou agter hoekom sy en Marli so lekker kliek. Die vrou is ʼn mense mens en sy sal liewers mense weg wys as sy nie met hulle kliek nie as wat sy vir die $ jaag.

Tafels, ligte, versierings….blabla word in detail bespreuk. Ek besef net meer dat hierdie ʼn helse projek is en nie iets wat jy sommer in twee weke aan mekaar kan slaan nie. Ek skud maar net kop as daar vrae gevra word en as iemand sê spring dan spring en antwoord ek maar.

My oë maak gereeld kontak met die horlosie teen die muur want dit gaan nie snaaks wees as ons die groot toets teen die Ausies mis nie.

Matilda het ʼn manier om met ʼn mens te werk en toe ons klaar is het ek hierdie gemoedsrus gehad dat ons in goeie hande is.

Na die tyd het sy ons na ons kamer geneem vir die aand en damn wat kan mens nou meer vra as daar ʼn kaggel, borrelbad en ʼn bottel rooi wyn in jou kamer vir jou wag. Onkunde het weer ʼn helse rol gespeel en gelukkig was daar ʼn ton handdoeke om al die water op te vee.

15h00 skiet ons in dorp toe en rugby word geniet by die Dros. Go BOKKE!!!

Terug by De Opstal word ʼn kick-ass aand geniet in die Klein Karoo. Die volgende oggend kry ons Matilda weer in die restaurant vir nog ʼn lekker geselsie. Slaan ʼn bobaas ontbyt af en wat ek nie sal gee om my hande weer op volstruis patee te kry nie.

Groot dankie aan Matilda en haar personeel vir ‘n great kuiertjie by De Opstal. Ons sien regtig daarna uit om jou weer in September te sien.

Manne trou is nie rugby nie. Dit is nie ʼn geval waar jy net 80min van alles gee en dan shower jy nie. Hierdie is ʼn rowwe knaap en jy moet hom met albei hande aanpak, anders klap hy vir jou.

Sal julle wetters op hoogte hou van die stand van sake.

Leave a comment