Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Jonker familie reünie

Een ding wat die ou generasies wild goed gedoen het was families bou. Ek kyk byvoorbeeld na my pa se familie: die jongste van 10 broers en susters, maar by verre die grootste. Verbeel jou jy het 9 broers en susters? Mense, dit is mos probleme op ʼn heel ander level!!

Nou omrede my pa die baby van die spulletjie is, is van my nefies vrekweet net so oud soos my pa, wat dan my suster en ek in ʼn verlore ouderdomsgroep los.

Met die jare sien mens die spulletjie minder en minder, maar elke 5 jaar probeer die ou ysters ons almal bymekaar trek vir ʼn familie reünie op Oudtshoorn. Dit is maar ʼn eienaardige storie, want ek sien hulle bitter min, so my sus moet my elke keer net gou eers update met almal se name en dan kan ek weer lekker gesels. Dit is ook maar ʼn hard praat storie, want ¾ is nou al effe doof so ja, dit is ʼn uitdagende naweek om die minste te sê..

Nou as dit vir my ‘n woelige naweek is, dan moes dit vir my beter helfte, Marli, nog ‘n taaier storie gewees het.

Voor ons by die bakkie uitklim peper sy my met al die vrae van wie almal is en wat almal se name is. Ek ja, ja maar voort en moet self eers al daai info by my informant, my suster, kry voor ek haar kan inlig.

Ek was lanklaas by iemand anders se familie reünie, maar ek moet sê dit kan seker ʼn helse intimiderende ding wees as jy niemand ken nie en jy nog boonop moet hardop skreeu / praat om jou sê te kan sê.

Hoe gaan die gesegde – jy kan jou vriende kies, maar jou familie kan jy nie…whahahaha…dink almal kan seker boekdele oor hulle eie families skryf.

M het dit survive al het sy verskeie mental scars opgedoen wat ‘n tydjie gaan vat om gesond te raak, maar overall dink ek die hele storie het OK gegaan.

Het jy al jou beter helfte/girlfriend na ‘n familie reünie toe gesleep?

Leave a comment