Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Pa se brakke

Vandat ek my oë kon oop maak het ek altyd ‘n hond / of iets wat hulle ‘n hond noem gehad en dit was ‘n helse aanpassing toe ek lugmag toe was na matriek en skielik het ek nie meer ‘n brak om meer te speel en k*k aan jaag in die middae nie.

So is ek klaar met die lugmag en nooit het my omstandighede dit toe gelaat dat ek van die vier voetige knape kon kry nie, maar toe ek en M die dag hier in Somerset Wes in ‘n huis met ‘n lekker agterplaas in getrek het het my soektog dadelik begin.

Het nog altyd ‘n groot liefde vir kort been Jack Russels gehad want met hulle is nie net van die lewendigste honde nie, maar het ‘n “never die attitude” wat groot honde op hulle gatte sal laat sit.

So kry ek die kontak details van ‘n dametjie, Annemarie, wat naby die Worcester area teel met die knape op hul plaas. M se ouers het hulle Jackie (Chutney) daar gekry en die ding laat ‘n pakkie denamiet soos klein crackers lyk so lewendig is hy.

Na ‘n halfuur met Annemarie op die foon het ek ‘n reentjie bestel en sal sy my laat weet sodra hy gebore is. Van daar is dit nog 6 weke en dan kan ek hom gaan haal. So kom die oproep een laat middag deur dat my bulletjie van die produksie lyn af gekom het en dat ek presies oor 6 weke hom kan kom haal.

Soos die tyd aan stap en die pals en familie hoor ons kry ‘n Jack Russel so waarsku almal ons dat ons onself moet reg maak vir groot anargie en chaos. My pa reken as ek hom die dag gaan haal moet ek sommer by Building Warehouse stop en ‘n graaf koop want ek gaan naweke gate moet toe gooi by die huis. Ek ken Jackies en ek weet hulle het nie einde nie en dit is PRESIES wat ek soek. Ek soek ‘n hond wat Marli mal gaan maak in die ogende as sy dink sy kan nog so uurtjie se slaap in werk of wat sulke mooi brakke pote op haar wit beddegoed gaan maak…jare se chaos, maar die honde wat tot die bitter einde vir sy baas sal gaan. Niemand sal ‘n hand op haar plaas as hulle hom haar is nie en dit is gerustellend as ek JHB toe moet gaan vir besigheid.

Hoe nader ons aan die tyd kom pla iets my meer en meer. ‘n Hond, veral Jack Russels, moet nooit alleen wees nie. Pich die idée een middag aan Marli dat ons dalk moet oorweeg om ‘n tweede ene te kry en voor ek nog kan hanna-hanna het sy sommer klaar ‘n naam en dat dit ‘n teefie moet wees. Die opgewondenheid (en probleme natuurlik) het nou verdubbel en ons begin die dae af tel.

So skiet ons een middag deur Annemarie toe dat ons solank die tweetjies kan kies, en ek moes net vir M keer anders het ons al 6 van die werpsel bestel. Die laaste 2 weke was die ergste want dit is nou al jare wat ek laas ‘n hond gehad het en damn ons gaan vet prêt met hulle hê.

Saterdag 2 Junie is ons weer by Annemarie op hulle plaas naby Worcester en mens kon sien toe ek die hondjies in die bakkie sit dat hulle klaar in haar hart in geklim het.

Basjan (reentjie) en Antjie (teefie) is nou presies 6 weke oud en my maat my maat hulle maak al klaar die pap dik. WIl nie saans in hulle mandjie slaap nie en M is al te gretig om die hondjies haar blad te gee as hulle bietjie liefde soek.

Let the games begin…

Leave a comment