Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Toe word ons 3

7 April sal nooit weer dieselfde wees nie. Dit is die datum waar ons gesinnetjie met 1 groter geword het.

Na 39 weke het Jean Henry Jonker uiteindelik besluit om sy verskyning te maak op 7 April 2010 06h30 die oggend.

Die geboorte van ’n kind is werklikwaar ’n geskenk van God. Geen mens kan die gevoel oor vertel as hulle daai bondeltjie lewe in jou arms sit nie. Die geleentheid is oorweldiging en voor jy kan keer loop die trane oor die wange.

7 April het my oë oop gegaan en ek het gesien waartoe ’n vrou in staat is. Na 7 ure het Marli geboorte (normaal en sonder ’n epiduraal) gegee aan ’n 3.5kg baba seuntjie.

In 7 ure het ek soveel emosies ervaar: opwinding, blydskap, angs, vreesaanjaend, hulpeloos, moegheid, bekommernis…

Onder is ’n kort opsomming van die laaste paar ure voor Jean se koms:

6 April – 23h00: terug gekom van ’n lekker aandete saam met Jan & Werner-hulle.

6 April – 23h30: tande word geborsel en in die bed gespring

6 April – 23h45: kontraksies elke 5min het begin

7 April – 00h15: in die bakkie en op pad Vergelegen Medi kliniek

7 April – 00h20: Marli word opgeneem in die kraamsaal (saal A)

7 April – 01h00: 1st ondersoek en almal kry ’n verrassing toe daar verneem word dat M al 5cm ontsluit is

7 April – 03h00: 2de ondersoek en sy is 8cm ontsluit. Dr. Lizzie Hugo word onmiddellik gekontak om in te kom. Daar word besluit omrede sy klaar so vêr is dat dit beter sal wees as sy sonder die epiduraal geboorte gee…

7 April – 05h00: dokter gee instruksie dat M nou moet begin druk met haar kontraksies. Jean is besig om af te beweeg in die geboorte kanaal

7 April – 06h30: ’n skreeuend Jean Henry Jonker (3.5kg swaar en 49cm lank) maak sy verskyning

7 April – 07h00: ’n uitgeputte Marli stap badkamer toe vir ’n welverdiende warm bad

7 April – 07h15: in haar slaapklere en in die bed met Jean aan haar sy…

Marli was ongelooflik en ek kon nie glo sy het 7 ure deur pyn gegaan om Jean in die lewe te bring sonder enige medikasie nie. Dit is werklikwaar ’n wonderwerk en mens sal dit nooit vergeet waardeer jou vrou moes gaan om ’n kind in die lewe te bring nie.

Welkom by ons gesin Jean en saam gaan ons nog BAIE avonture he my seun.

Al die ooms & tannies is bly jy is hier en onthou ma en pa is en sal altyd baie lief wees vir jou.

Leave a comment