Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Jean se 1st maand

Dit is Sondagaand, 9 Mei 2010 en American Idols het nou-net op Mnet begin en terwyl M vir Jean voed gryp ek die geleentheid aan om gou ’n kort oorsig te skets van Jean se eerste maand op moeder aarde en by ons…sy familie.

Die laaste maand was een groot avontuur en het ek besef hoe ’n klein dingetjie soos krampe 3 persone se lewe lekker kan beheer…maar later meer daaroor.

Vandag moet die hoogte punt van die laaste 32 dae wees met die dat M haar eerste Moedersdag gevuur het. Jean het ’n bobaas kaartjie gemaak en seker gemaak ma kry daai swart boots wat sy so graag gesoek het.

Op ’n persoonlike vlak was hierdie ’n maand van lesse leer en damn het ek nie geleer nie. Hier volg ’n kort opsomming hiervan:

  • Alles draai om Jean. Dit is nie wanneer jy wil eet of bad saans nie. Dit is wanneer is hy klaar gevoed, gebad en slaap (2 ½ ure max op ’n slag)? Dan is dit ’n geskarrel om kos te maak, ’n vinnige shower te vang en darem bietjie alleen tyd saam met M te kry. As hy slaap dan moet jy jou tyd goed gebruik, maar selfs die tye wat hy wakker is, is ’n great avontuur op sy eie.
  • Geduld & kalmte. As jy nie een van hierdie twee het nie en jy beplan ook nie om dit te kry nie dan moet jy mooi dink voor jy ’n familie begin, want damn ’n kind leer jou die mening van geduld & kalmte. My eerste 2 weke was die ergste en na ek dit met M gedeel het, het alles verander. Saans sou ek worry as kramp/honger/nat gilletjie kry wat die arme bure sou dink, verloor ons beheer oor Jean, doen ons iets reg? Maar ek en M het koppe by mekaar gesit en as jy daai mindset verander en jy fokus net op hom en jy vergeet van die ander nuttelose goed om dan begin alles makliker raak op hul eie manier.
  • Hy LOVE badtyd & bakkie ry. As ek namens hom kan praat moet ek sê badtyd is sy beste tyd. Dit was die laaste week bietjie afgewissel met shower sessies saam met pa en WOW dit love hy meer. (Dankie vir daai tip Karel). Kort op badtyd moet ’n rit in pa se bakkie wees en mens moet nie skaam wees om die Afrikaanse treffers te gooi nie. Die vibrasie van die bakkie en die musiek + en pa se idols stem moet stimulerend vir hom wees.
  • Niks kan jou voorberei om ’n ouer te wees nie. Jy kan soveel huiswerk doen en soveel klasse en boeke lees, maar as daai bondeltjie lewe sy verskyning maak in jou lewe dan is dit jy op jou eie en jy leer dag-vir-dag verder.
  • M is ’n wonderlike ma. WOW, dit is ongelooflik hoe die vrou wat ek 2 jaar + gelede getrou het in ’n wonderlike ma ontaard het. Sy het berge se geduld met hom (ek en die honde het bietjie afgeskuif in die food chain) en as ek kom met my stupid vrae antwoord sy elk of sy al kinders vir jare groot maak, want my tonne gerustheid gee. Een van ons moet darem lyk of ons weet wat ons doen…heeltyd.
  • ’n Kind is ’n geskenk van God…PUNT! Al voel dit soms of jy bietjie kens raak en jy loop in goed vas as gevolg van min slaap moet jy weet daar is soveel mense daar buite wat ALLES in hul lewe sou gee om die gevoel te he. Wees dankbaar en geniet/leer elke dag.
  • Ons Jack Russels se status het dramaties in ons huishouding afgeneem…maar kry nog steeds tonne liefde.

’n Kind verander jou lewe, en as jy gedink het dit sou nie…whahaha…skeer ek my hol nou.

Ok dit lyk of M hom nou aan die slaap gekry het so ek moet groet en paar goed doen voor hy weer wakker is…hehe…LOVE IT!

Leave a comment