Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

2 weke countdown

Dit is moeilik om te glo dit is al 38 weke en nog net 2 weke (dalk vroeer) oor voor Jean sy groot verskyning maak.

Tussen my en julle kan ek wraggies nie meer wag nie. Arme M sukkel met die magie en die oggende raak al hoe moeiliker om die magie uit die bed te kry.

Een van Jean se projekte wat baie aandag & tyd gevat het was om sy kamer reg te kry. Hier moet ek my hoed afhaal vir M want sy het presies geweet hoe sy dit soek.

Ek moet my hoed afhaal – ek het in die begin gedink M gaan my mal maak met die kamer, maar op die einde van die dag het ek dit wraggies baie geniet.

Jean se babakamer (Video)

Soggens en saans as ek verby die kamer stap wil ek net in glip en kyk of hy slaap, maar dan kom ek agter hy is nog nie hier nie…sug, hy kan nou maar kom. Het al klaar vir hom n kettie & paintball geweer gekoop…

Voor ek waai – groot dankie aan Pierre (aka Bouer) en die skoon ouers wat gehelp het om die kamer reg te kry.

Leave a comment