Verlede naweek (ja al weer laat met ’n verdomde artikel) besluit ek en M om Sondag bietjie besoek te gaan aflê aan Robben Island.
Vir ’n beter dag kom ons nie gevra het nie – dit was ’n sonnige dag met geen wolke in sig nie en die bootrit eiland toe was eintlik heel aangenaam. Moet sê die boot rit gedeelte het my effe senuweeagtig gehad want beide ek en M is nie goed met goed wat op die see dryf nie.
By die eiland aan gekom was dit direk op ons bus vir die eerste gedeelte van die toer. Ons was die enigste Suid-Afrikaners op ons bus en die rest net toeriste.
Ons gids op die bus…uhmmm…ek moet eerlik wees op een stadium het ek gewonder of hy werklikwaar die geskiedenis van ons land ken. Vir my en hierdie is net my eerlike opinie het dit gevoel of hy net een kant van die storie ken en dit baie duidelik wil maak dat die toeriste dit moet weet dat almal op hierdie eiland onskuldig was.
Sonder om nou in ’n politieke debat te kom, moet mens ook kyk wat hierdie individue gedoen het – terroriste aanvalle, moorde…maar dit is seker vergete of dit is nie oorgedra aan hom nie…
Na die bus rit het ons na die gevangenis beweeg waar ’n ou gevangene ons verwelkom het. Sy verhale het my geïnteresseerd van hoe lewe daai tyd op die eiland was, maar die verhale het ook later een strydig begin raak…
Die besoek aan oud president Nelson Mandela se sel moes die hoogte punt van die trip gewees het.
Terug by ons boot en die view van Tafelberg was mooier as ooit. Elke toeris gewapen met ’n kamera het seker elk ’n 1000 foto’s geneem van daai stuk klip…ongelooflik.
Ons bly darem in ’n ongelooflike land en uitstappies soos hierdie beklemtoon dit net meer.