Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Fan walk by WCS

Alhoewel ek en M oor die maan is dat SA die Wêreldbeker sokker host, het ons nie werklikwaar ’n behoefte gehad om een van die games te kyk nie. Ek dink ook wel die feit dat Jean 2 maande oud is en omrede die min slaap ons soms vang is ons nie lus vir ’n vrag mense om ons nie. ’n Jaar terug of later en ons sou definitief daar gewees het, maar nou was dit werklik nie vir ons ’n prioriteit nie.

Nadat ek en ou Parma een middag ’n koffie in die Boland geniet het, het hy my oorreed ons moet een van die Fan Walks gaan doen. Sommer dieselfde dag op die internet geklim en gekyk wanneer die volgende game weer in die Kaap is.

Soos die lot dit wil he speel Germany vs. Argentina Saterdagmiddag in die Kaap.

Saterdagoggend 11h00 klim ons by Somerset-Wes op die trein gewapen met Jean wat aan my bors hang in sy kangaroo pouch. Die rit in stad toe het onplesierig geraak toe twee knape nie hulle alkohol kon hanteer nie en dit links en regs begin vloek het…

By Kaapstad stasie aangekom en wow was ons nie ’n verras met die nuwe terminaal nie.

Die Kaap was mal – duisende sokker geesdriftiges orals – ek het nog nooit die Kaap so mal gesien nie…STUNNING.

Van die stasie het ons die Fan Walk gejoin wat na die nuwe Greenpoint stasie toe gaan.

Vuvuzela – Ek is bewus dit is uniek aan SA en dat die al jare met ons sokker kultuur kom, maar vir my persoonlik is dit ’n moerse irritasie. Party mense gaan bos met die goed en voor jy jou kan kry blaas ’n bliksem dit reg langs jou ore. In die begin kon ek nie verstaan hoekom party lande dit verban het van hulle sports toernooie nie, maar na Saterdag se uitstappie het ek dit 110% verstaan.

By die stadion gekom het ons die tradisionele toeriste foto’s geneem en vandaar V&A Waterfront toe beweeg waar die dors geles was met ’n koue draft voor ons Jean gevoed het by een van die hawe mure.

Van daar het ons ’n taxi terug gevat stasie toe om die ander by die Fan Park te join, maar toe ons daar kom was dit alreeds vol.

Dit was ’n lang dag vir Jean en ons het besluit om terug huis toe te staan en was weer op die trein 16h20 terug Somerset-Wes toe.

Jean was die soetste baba ooit en het nie gepiep nie…ongelooflik en ons moet bieg ons was en is in ons noppies met ons soet seun…

Leave a comment