Scroll Top
19th Ave New York, NY 95822, USA

Jean word 1

05h30 Donderdagoggend, 7 April 2011 en boeta laat weet hy is wakker. Vandag is ’n groot dag vir die knaap, want ’n man raak nie sommer aldag ’n volle 1 jaar oud nie.

Beide ek en ma is dalk meer opgewonde as boeta homself en ons vlieg uit die kooi en sleep soos resiesperde die gang af.

Boeta staan kierts regop in sy kot en hy weet sommer dit is sulke tyd.

Ma het ’n sjokolade koek vir hom gekry, want hy kry sy “regte” verjaarsdag koek by sy partytjie by Under Oaks en na ’n groot gesukkel en baie stukke koek wat rond vlieg kry ons darem ’n kiekie saam met hom te danke aan Sarie wat die foto geneem het.

Saterdagmiddag en dit is lekker warm nes dit in die Boland kan wees….kortliks, dit is klaar moer warm.

Marli en Amy het die oggend vroeg na Under Oaks gegaan om alles op te stel so toe ek en boeta laat oggend daar kom was van die maatjies al daar en alles al mooi opgestel.

Nes ’n ma kan het Marli so baie moeite gedoen om die dag spesiaal te maak vir Jean so boeta as jy hierdie lees beteken dit jy is nou al baie ouer en gee tog vir ma ’n groot soen om dankie te sê vir al die moeite wat sy gedoen het met jou 1 jaar verjaarsdag partytjie.

’n Groot dankie aan al die maatjies wat daar was en gehelp het en veral die TONNE geskenke.

Ma beplan al klaar aan verjaarsdag #2…sjoef.

Leave a comment