’n Kuier op Dasvlei (plaas net buite Philadelphia waar ou Paul boer) het nog nooit teleurgestel nie.
It is not for the faint hearted! Om daar te kuier is soos om ’n dice te gooi – enige iets kan gebeur bv. touch rugby 23h00 die aand in die landerye te speel, bosvark jag, modder geveg in een van die nabygeleë damme…
Durbanville Medi Clinic het ook al die plaas op hul boeke vir ’n paar besering’ tjies bv. dropper paal wat my oog oopslaan, Jaco wat ’n plaas heining afhardloop…chaos, maar goeie tye.
So toe ou Paul laat weet ons klomp kêrels gaan Saterdagoggend ontbyt maak in die veld het ek geweet:
- ons gaan eers LAAT eet
- ons gaan gelukkig wees as ons eet
- as ons eet gaan ek dalk in ’n toestand wees wat ek nie weet wat ek eet nie
- Die kort van die lang storie, dinge op Dasvlei gebeur nie sommer net soos in storie boeke nie.
Met die dat M en die ander girls weg is vir die naweek het Jean saam met pa getravel. Bulle se 1st harde kuier saam met die dom ooms.
09h00 en die hele spannetjie (jy is gelukkig jy was betyds Ricky) sleep in 2 voertuie veld toe.
Paul kies ’n lekker groot boom in die middel van die land en die bakkies trek laer. Die boom is omring deur kleiner doringbome en sou die nie daar wees nie sou dit ’n ideale plek vir veld kuiers wees.
“Hey Paul waar gaan ons vuurmaak?”, gorrel Soutie
“Steek sommer daai een doringboom aan die brand” en met die gooi Paul ’n sak hout teen die boom neer.
“Jy seker? Nie dalk langs die boom vuurmaak nie?”
09h15 en een standaard doringboom is aan die brand en daar word gesellig verkeer met iets kouds in die hand.
Jean het ’n blast en hol orals rond. Almal moet net so af en toe keer as hy ’n brandnekel bos wil takel, maar verder speel hy en Tessa (Paul se skaaphond) die veld plat.
Highlights:
- Parma wat ’n bos aan die brand steek soos in die Bybel
- Soutie val uit ’n boom, en van die dak van ’n ou mirasie – dat hy nog lewe verbaas almal
- Jean val in brandnekel bos en om alles te kroon kry hy stamp nog teen sy koppie ook, maar hy het laat weet hy is weer daar volgende keer
- Toets rugby op die radio bly maar net legendaries
Daar is sprake van ’n instelling…genade kêrels kom ons lek eers ons wonde en dan dink ons aan die volgende een.